Monday, November 24, 2008

Omnibus 20 deur Ena Murray



Omnibus 20 deur Ena MurrayOmnibus 20
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Die meisie van Klaradynstraat
- As die lied verstil
- Die pad terug huis toe

Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie. Selfs in die mees vooraanstaande huise is daar geheime onderstrominge en hartseer. Toe Owen Kemp by die spesialis hoor dat sy dogter se pynaanvalle deur ‘n diep ongelukkigheid veroorsaak word, is hy verbyster. Isobel het dan alles wat haar hart begeer en staan boonop op trou met die geniale dokter Markus Richter! Maar Elsa weet die diagnose is korrek, want sy ken Isobel se geheim, sy weet van Jakob Olwage. . .

As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal op dié dorpie ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ‘n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ‘n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge behoorlik los, want Chrissie van Dennedal word Christine van Johannesburg. Intuïsie vertel haar ouma dat daar wel ‘n dag sal aanbreek dat Chrissie sal wil terugvlug na die rustige vallei van Dennedal.

Die pad terug huis toe wentel om ‘n traumatiese tydperk in die lewe van Karina Oosthuizen, gesogte en pragtige topmodel. ‘n Grusame motorbotsing laat haar blind en verlam, en eensklaps weer totaal afhanklik van ‘n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy, wat daarna gesmag het om heel bo uit te kom, moet aanvaar dat sy net een heenkome het – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags is daar iemand wat haar en haar moeder ‘n toevlug bied in ‘n pragtige wit huis by die see – perfek ingerig vir ‘n persoon in ‘n rolstoel. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het en met wie sy nie wou assosieer nie?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Die Karoo kookboek deur Rose Willis



Die Karoo kookboek deur Rose WillisDie Karoo kookboek
Skrywer: Rose Willis
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Die Karoo kookboek is 'n ware refleksie van die kos van hierdie unieke area, propvol heerlike resepte wat van geslag tot geslag oorgedra is. Die pragtige kos fotografie word aangevul deur volkleur landskap foto's terwyl swart en wit foto's van historiese geboue en mense 'n nostalgiese gevoel ontketen.

Die 100+ resepte bestaan hoofsaaklik uit kos wat tradisioneel met die Karoo vereenselwig kan word, maar dit wys ook die moderne invloede wat bewys dat dit tog 'n dinamiese manier van kosmaak is. Die vars produkte van die area word benadruk en ’n kalender van gebeure word ook ingesluit.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Oulap se blou by Chris Barnard



Oulap se blou by Chris BarnardOulap se blou
Skrywer: Chris Barnard
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Daardie tyd was die enigste tyd wat die wereld 'n volmaakte plek was, se die verteller in een van verskeie stories oor seunskinders in 'n pastorale wereld van onskuld – en tog nooit sonder 'n sydelingse blik op die slang in die paradys nie: die foon lui in die gang, sy ma sê al hoe minder, die dood van 'n buurdogter wat sy eerste waardering vir vroulike skoonheid geinspireer het.

Min kan Chris Barnard sy fyn aangevoelde uitdrukking van liefde en verlange nadoen, met soveel ekonomie van segging en soveel helderheid van styl.

Die eenvoud van die stories verberg die diepte van hulle peiling van die menslike tweeling van glorie en onvolmaaktheid.

Altyd met 'n liefhebber se bewondering vir die teenoorgestelde geslag, druk baie van die stories hulle sin vir verlange uit in die vorm van mense op reis.

Maar dis ook van hierdie verhale wat vir die kostelikste humor in die bundel sorg. Oulap se blou is 'n title wat vier, betreur vertroos, en ons 'n bietjie beter laat verstaan wat dit beteken om 'n mens te wees.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



'n Beskermengel Vir Marlene deur Irma Joubert



'n Beskermengel Vir Marlene deur Irma Joubert 'n Beskermengel Vir Marlene
Skrywer: Irma Joubert
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Haar pa het haar geleer: pasop dat jy nie goedkoop is nie. Soos jou ma. Adolf leer haar vertrou, leer haar liefhe. Tot die verlede hulle inhaal. En Marlene weet - dis die einde van haar en Adolf.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Saturday, November 8, 2008

Blou Bulle - 70 Jaar van Glorie



Blou Bulle - 70 Jaar van GlorieBlou Bulle - 70 Jaar van Glorie
Skrywer: Wim van der Berg; Gerhard Burger
Formaat: Hardeband





Beskrywing:
Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier – trots oor die prestasies van die spelers van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle; en nederig, dat die drome en visie van dié wat hulle vir ’n onafhanklike unie beywer het suksesvol nagestreef is.

Blou Bulle: 70 Glorie Jare is nie bedoel om ’n naslaanwerk te wees nie. Dit is die storie van die totstandkoming van die unie en hoe dit oor die 70 jaar ontwikkel het. Die hoogtepunte – en ook laagtepunte – word in die boek gedokumenteer, insluitende die prestasies op die veld en in die raadsale van Suid-Afrika en inderdaad die wêreld; so ook die probleme tydens die oorgang na professionalisme.

Die rol van die skeidsregters, die ondersteuners, die skole en die klubs word gekombineer in hierdie verhaal van eenheid van wat eintlik ’n enkele groot familie is, omdat die unie so na aan sy ondersteuners staan. Dit is geen toeval dat die Blou Bulle die enigste Suid- Afrikaanse span is wat die Vodacom Super 14-reeks kon wen nie; of dat Noord-Transvaal en die Blou Bulle die Curriebeker 18 keer gewen het uit die 48 keer dat daar om die trofee gespeel is; en in 30 van die 48 eindstryde gespeel het waarvan 18 gewen is en 4 gelykop geëindig het.

Maar veel meer as dit is hierdie verhaal van Noord- Transvaal en die Blou Bulle ’n hulde aan diegene wie se harde werk en lojaliteit die unie deur die jare gedra het. Ryklik geillustreer met onlangse foto’s asook foto’s uit die argiewe en propvol statistieke om uit te ruil.

Hierdie boek is die ideale geskenk vir mans die Kersfees.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Wednesday, November 5, 2008

Die Kinders Eet Viennas



Die Kinders Eet Viennas Maar 'n Man Kan Nie Relax NieDie Kinders Eet Viennas Maar 'n Man Kan Nie Relax Nie
Author: Uys van der Hoven; Nico Nel
Format: Softcover



Description:
“Ek is Uys van der Hoven, ek het Nico Nel in 1976 onderstebo ontmoet …” So vertel Uys van der Hoven van sy en Nico Nel se ontmoeting.

Nico Nel het op die gewilde TV-program Maak ’n las naam gemaak as storieman van formaat.

In hierdie bundel sorg hy en sy medestorieverteller, Uys van der Hoven, vir stories wat jou met trane in jou oë en wange seer van die lag vir meer sal laat vra.

Die Bont Louws se tuisgemaakte driedemfiets kos hulle amper al hulle sproete.
Jakop Tieties word ná ’n drinkparty in die lykshuis wakker en neem dit vir ’n hospitaal aan.
En daar is die storie oor die skaap en die argitek met die ponytail …

Beleef ’n jagtog saam met diamantsmokkelaars op ’n hotel se werf, kom hardloop kaalvoet saam met die polisie aflos op Lüderitz se soutpan, ry saam met die Bont Louws ’n driedem in Namakwaland en vind meer uit oor die genadedood binne huweliksverband.

Stel vas wat gebeur met ’n argitek se ponytail by ’n skaapbraai, ontmoet die vark Samuel Swart en ontdek watter skokkende goed gesê word op die sterfbed in die aangesig van die dood.

Woon saam met ses mense ’n begrafnis in die Karoo by en leer hoe vang stadsjapies snoek. Hierdie stories en nog meer word meesterlik deur Nico Nel van Maak ’n Las-faam en Uys van der Hoven as vrugte van hulle fotostatiese breine aan die leser vertel. Hulle het mekaar in 1976 onderstebo ontmoet, toe beide in die regte studeer en daarna in die verkeerde gedwaal het.

Hierdie boek, wat geskik is vir die hele gesin, is gelukkig in Afrikaans en nie in Latyn Spes, soos aanvanklik beplan was nie.

Purchase this book:
Buy this book online in South-Africa



Tuesday, November 4, 2008

Op Die Agterpaaie deur Dana Snyman



Op Die Agterpaaie deur Dana Snyman Op Die Agterpaaie
Skrywer: Dana Snyman
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Dana Snyman, seker Suid-Afrika se gunstelingreisskrywer, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande wee waarop hy hom al begeef het.

Dana soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, jaag pylreguit deur Boesmanland, sit in Lutzville se kroeg, en ry selfs 'n Harley – op Colesberg.

Uiteindelik gaan hy huis toe, in sy Valiant, en herkou aan die lesse van die langpad. Heerlik vermaaklik, dog diep menslik.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Saturday, November 1, 2008

Mense Van My Asem deur Steve Hofmeyr



Steve Hofmeyr se boekMense Van My Asem
Skrywer: Steve Hofmeyr
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Steve Hofmeyr se boek, Mense Van My Asem vertel Steve uiteindelik sy lewensverhaal,in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke.

Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het.

Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê – sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings,sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het.

Steve se boek gee ’n boeiende – en soms skokkende –kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Sunday, October 12, 2008

Omnibus 19 deur Ena Murray



Omnibus 19 deur Ena MurrayOmnibus 19
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Terug na Kolkbaai
- Anderkant die horison
- 'n Tyd om te ween is

Die Kolkbaai waarheen Hannelore terugkeer ne elf jaar in die stad, is nie meer die vissersgehuggie wat dit destyds was nie. Baie van haar ou kennisse is egter nog daar ... tot haar spyt. Want die een mens wat sy nie wil sien nie, is onder hulle: Oloff Bernardi, die man aan wie haar hart behoort het toe hulle albei nog in hul teerder jeug was. Terug na Kolkbaai is die verhaal van 'n jong vrou se soeke na haarself, na vrede en na geluk.

Anderkant die horison ... 'n ander land en 'n ander tyd. Dis die suide van Frankryk, en dis 1789: die jaar van die Franse Revolusie. Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, moet vir haar lewe vlug of die guillotine is haar voorland. Die enigste een wat haar kan help, is Philippe Fouche, haar staljonge.

Die meisie uit die adelstand moet nou die kneg se bevele trou gehoorsaam. Hulle vlug na die Kaap de Goede Hoop, waar Loanne steeds gepynig word deur die nabeeld van haar vader se brandende kasteel. Sy verdink vir Philippe terwyl hy weer glo dit was die werk van die graaf Louis de la Fay Duponte, Loanne se verloofde. Alles bly raaisels, tot drie skepe Tafelbaai op 'n dag binnevaar ...

'n Tyd om te ween is 'n diep roerende verhaal waarin mense mekaar leer om te gee en waarin hulle besef: die lewe verloop selde soos ’n mens dit beplan. Na Paul Henning se hartaanval moet Rietspruit 'n ander dokter kry. Maar Hybre, dokter Paul se dogter, vertrou nie die briljante dokter Ewald Waltmann nie. Wat kom soek so 'n suksesvolle geneesheer op so 'n klein plekkie?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Friday, October 10, 2008

Franse briewe deur Marita van der Vyver



Franse briewe deur Marita van der VyverFranse briewe
Skrywer: Marita van der Vyver
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Tuimel jou hart nog nadat Marita van der Vyver jou met haar boek "Die hart van ons huis" aan haar lewe in Provence bekend gestel het?

Hou dan asem op, want met Franse briewe nooi sy lesers nog 'n keer oor haar drumpel.

Wat het verander in die Provenkaalse kliphuis met sy persblou hortjies, pienk rose, laventel voor die kombuisvenster en die enorme ou plataanboom langs die hek? Wat het dieselfde gebly?

Ja, Marita, haar Franse man, Alain, en die vier kinders woon steeds in Kerkstraat – Rue de l'eglise – van 'n Middeleeuse dorpie. Dis ook somer in Provence – en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend.

Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het. Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het.

Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provenkaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar "interessante", aspekte van haar idilliese bestaan.

Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vliee in die salf soos skoolgaan in Frankryk.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Thursday, October 9, 2008

Dagbeplanner vir die vrou 2009 deur L. Platt



Dagbeplanner vir die vrou 2009 deur L. PlattDagbeplanner vir die vrou 2009
Skrywer: L. Platt
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
’n Splinternuwe uitgawe van die Dagbeplanner vir die vrou om jou beplanning ’n vreugde te maak. Die oordenkings aan die begin van elke maand sal jou help om te groei in verskeie areas van jou lewe, waaronder vriendskap, huwelik, keuses, verhoudings en finansies.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Tuesday, October 7, 2008

Die Verhaal Van 'n Vrou deur JM Gilfillan



Die Verhaal Van 'n Vrou, 'n Leeu, En 'n Hoenderhen deur JM GilfillanDie Verhaal Van 'n Vrou, 'n Leeu, En 'n Hoenderhen
Skrywer: J.M. Gilfillan
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Gilfillan herinner ons daaraan dat die vrou wat kreatief en sensueel lewe, wat vir haar bemindes stories vertel en so die wereld bewoonbaar maak, die skepper is van haar eie behaaglike lot.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Sunday, October 5, 2008

13 Uur deur Deon Meyer



13 Uur deur Deon Meyer13 Uur
Skrywer: Deon Meyer
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, 'n jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat.

Dis net die begin van sy dag. Jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



My Pyn My Glorie deur Hestrie Cloete-Els



My Pyn, My Glorie deur Hestrie Cloete-ElsMy Pyn, My Glorie
Skrywer: Hestrie Cloete-Els
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Autobiografie van Hestrie Cloete-Els
Sy was die lang-been nooi van die klein dorpie Coligny wat wêreld-rekords opgestel het as hoog-springer en wat Olimpiese Medaljes na Suid-Afrika gebring het.

Maar, met haar glorie, het Hestrie Cloete-Els ook die pyn ondervind wat die lewe meebring: 'n ongelukigge kinderlewe gevul met argumente; op 'n te jong ouderdom getrou; die afsterwe van Geliefdes - soms reg voor van haar grootste kompetisies...

Sy skryf oor dit alles - die pyn en die glorie - in haar Autobiografie.

Vir die eerste keer, vertel sy van haar miskraam terwyl sy nog getroud was met Andries Cloete in 2004.

Sy skep ook 'n intieme prentjie van haar lewe met die sanger, Jurie Els en hul twee kinders in Nieu Zeeland en vertel hoe sy voel oor die aanklagte van molestasie wat teen Jurie Els gemaak is deur die jong sanger, Robbie Klay.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Monday, September 8, 2008

Die Uitgespoeldes deur Dalene Matthee



Die Uitgespoeldes deur Dalene MattheeDie Uitgespoeldes
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Dalene Matthee se heel laaste roman is posthuum uitgegee.

Moses Swart, skaapwagter van die Bredasdorpse strandveld, voel sy hele lewe lank nog dat hy nie hoort in hierdie land van see- en veldmense nie. Hy is 'n uitgespoelde, maar waar kom die knaende gevoel van 'n ander identiteit vandaan? Totdat hy Lord en Lady van Springfield ontmoet en dadelik besef: hulle is ook uitgespoeldes, soos hy.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Monday, September 1, 2008

Ontembare Bruid deur Dina Botha



Ontembare Bruid deur Dina BothaOntembare Bruid
Skrywer: Dina Botha
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Vurige Jacqueline de Péronne se drome glip deur haar vingers. Sy voel soos ’n pion. Asof haar huwelik met afstootlike Miguel Cortés nie genoeg is nie, leer Christoban Hernándes haar van passie en begeerte. En sy is getroud.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Friday, August 29, 2008

Huisgenoot Top 500 Wenresepte



Huisgenoot Top 500 Wenresepte deur Carmen NiehausHuisgenoot Top 500 Wenresepte
Skrywer: Carmen Niehaus
Formaat: Hardeband



Beskrywing:
Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur – kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet.
Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met 'n versameling van die Top 500 Wenresepte.

Die boek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier. Hierdie lywige samestelling bestaan uit 17 liplek-lekker hoofstukke, insluitend Soutterte, Soet terte, Gebakte poedings, Vis en Seekos en Maalvleis en Pastei.

Trefferresepte soos Ouma se Karoolamspastei (Wenresepte 7), Pampoenkoekies in stroop (Wenresepte 1), Biltongsop (Wenresepte 7) en Varkboud met lemoensous (Wenresepte 4) is ingesluit.

Natuurlik het Suid-Afrikaners se soet tand nie vergete gebly nie met staatmakers soos Melktertkaaskoek (Wenresepte 3), Gemmerpoeding (Wenresepte 2000), Maaskaaskoek (Wenresepte 3) en Allerlekkerste sjokoladekoek (Wenresepte 2).

Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar 'n versameling pragfoto’s wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte 'n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Triomf deur Marlene Van Niekerk



Triomf deur Marlene Van NiekerkTriomf
Skrywer: Marlene Van Niekerk
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Marlene van Niekerk se bekroonde roman Triomf is 'n boek wat heerlik lees en dan jare by jou sal spook.

Die wit, werkersklas gemeenskap van Triomf, 'n voorstad in die weste van Johannesburg wat opgerig is oor die puin van Sophiatown, vanwaar honderde nie-blanke families uitgeforseer is in die 1950's, is die stel waar Marlene van Niekerk se internasionaal bekroonde, multi-dimensionele novelle van die modere Suid-Afrika afspeel.

Die boek, Triomf, skyn 'n ontstellende dog kleurvolle, soms lagwekkende, lig op die lewens en daaglikse roetine van 'n disfunksionele familie en openbaar, deur pittigheid en 'n skerp oog, 'n kristal helder visie van die valsheid en hopeloosheid van die samelewing onder die las van Apartheid.

Mol Benade, haar broers Treppie en Pop, en haar seun Lambert leef in 'n verottende munsipale huis, wat al ding is wat hul het, behalwe vir die uitgeleefde huishoudelike toestelle wat breek pas nadat dit herstel is, die herinneringe van 'n gelukkige verlede wat nooit bestaan het nie, en natuurlik mekaar - 'n Faulkneriese band van familie intimiteit wat strek van simpatie tot wreedaardig, gevoelvol tot geweldadige seksuele molestering.

In die maande voor Suid-Afrika se eerste vry verkiesing in 1994, word 'n geheim openbaar gemaak wat die band tussen hierdie irrasionele kwartet laat disintegreer en hul lewens verewig verander.

Triomf se mikro-kosmiese kykie na Suid-Afrika op die rand van ineenstorting is vereer as een van die beste novelles ooit geskryf in Afrikaans. Dit kondig die aankoms aan van 'n Skrywer van Internasionale Standaard.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



18-44 Trilogie deur Etienne Leroux



18-44 Trilogie deur Etienne Leroux18-44 Trilogie
Skrywer: Etienne Leroux
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
18-44 handel oor die korrespondensie tussen Mnr Y, die 44-jarige knolskrywer, en die 18-jarige, onbekende Mej X, 'n kunsstudent.

Onderliggend in Isis Isis Isis is die Egiptiese Isis se soektog na die lyk van Osiris. Die roman gaan oor die knolskrywer se Europese besoek, sy ontmoeting met 'n hele aantal vroue, en sy poging om die stukke van die verminkte Osiris weer bymekaar te bring (lg die knolskrywer se poging tot heling).

Die verhaal van Na'va gaan oor Georgie, die knolskrywer se nefie wat selfmoord gepleeg het. Die lang begrafnisfees raak 'n besinning oor die lewe en die dood.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Die dag toe ek my hare losgemaak het deur Willemien Brummer



Die dag toe ek my hare losgemaak het deur Willemien BrummerDie dag toe ek my hare losgemaak het
Skrywer: Willemien Brummer
Formaat: Softcover



Beskrywing:
Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot 'n jong moeder.

Dit beeld ook op fyn en sensitiewe wyse uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans.

Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om 'n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te he.

Dis aparte verhale, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit byna iets soos 'n Bildungsroman.

Onderliggend in die verhale is die helende krag wat "storie" en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Wednesday, August 13, 2008

Huisgenoot Blokraaisel Omnibus 10



Huisgenoot Blokraaisel Omnibus 10Huisgenoot Blokraaisel Omnibus 10
Skrywer: Yvonne van Eeden en Marlene Hamman
Formaat: Softcover



Beskrywing:
Huisgenoot se blokraaisels bly immer gewild onder derduisende blokraai-entoesiaste. Hierdie nuwe versameling van 120 kopkrappers in groot formaat waarborg ure se genot. Al die oplossing verskyn agterin.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Monday, August 4, 2008

Toorbos deur Dalene Matthee



Toorbos deur Dalene MattheeToorbos
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Toorbos is 'n bosromanse. Dit is die storie van 'n ingewyde 'bosvrou' se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit 'n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy liefkry.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Friday, July 11, 2008

Opspraak deur moord deur Chris Karsten


Opspraak deur moord deur Chris KarstenOpspraak deur moord
Skrywer: Chris Karsten
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Tien spannende verhale van opspraakwekkende moorde, met heelwat besonderhede wat nog nie rugbaar was toe die stories die media vol was nie.

Met Marike de Klerk se moord was daar die bewerings oor politieke komplotte en tweespalt in haar gesin; die verhaal van Casper Greeff, wat skuldig bevind is aan die huurmoord op sy aantreklike vrou, is omring met afguns en intrige; die Bainskloof-moord is die skokverhaal van hoe 'n agtergrond van armoede en kindermishandeling vorm gegee het aan menslike moordmasjiene; en nog vele meer.

Die moorde is gekies op grond van die buitengewone boeiende inhoud van die gebeure en hul potensiaal vir nuwe, nuuswaardige onthullings.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Alles Behalwe Die Geheim Van My Whiskies deur Rachelle Greeff


Alles Behalwe Die Geheim Van My Whiskies deur Rachelle GreeffAlles Behalwe Die Geheim Van My Whiskies
Skrywer: Rachelle Greeff
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
'n Keur uit Rachelle Greeff se rubrieke wat oor die jare in Die Burger en Rapport verskyn het. Rachelle skryf oor boeke, motorfietsry, kosmaak, kinders, troeteldiere en vleisbraai op nege rooi bakstene. Dikwels wil jy hardop lag, dikwels lees jy iets twee keer omdat dit so mooi en raak gestel is, dikwels kyk jy met ander oe na die wereld om jou.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Anderkant die scrap deur Dana Snyman


Anderkant die scrap deur Dana SnymanAnderkant die scrap
Skrywer: Dana Snyman
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories.

Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, le hy nou familie uit in die storie "Familiefoto". Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal - Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap.

Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom.

Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie's, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste.

Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense.

Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense tee. Elke nou en dan sien mens 'n reënboog.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Geloof soos Aartappels deur Angus Buchan


Geloof soos Aartappels deur Angus BuchanGeloof soos Aartappels
Skrywer: Angus Buchan, Jan Greenough
Formaat: Sagteband




Beskrywing:
Geloof soos Aartappels ( oorspronklik in Engels: “Faith like Potatoes” ) – “Die saad van ‘n wonderwerk lê nie in hoe moeilik dit is nie maar in die onmoontlikheid daarvan”

Angus Buchan is ‘n tawwe, “geen fieterjasies” Suid-Afrikaanse boer van Skotse oorsprong met ‘n sagte dog geen-kompromie geloof wat hom suskesvol gedra het deur droogte, finansiële krisis en familie-tragedie.

Geroep deur God om die Evangelie te verkondig vind hy die Heilige Gees bewerk ongelooflike wonderwerke van voorsiening, genesing en verandering van lewens.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika


Ook beskikbaar:
'n Boer se Jaar: Daaglikse Geloof




Friday, July 4, 2008

Pieternella Van Die Kaap deur Dalene Matthee



Pieternella Van Die Kaap deur Dalene MattheePieternella Van Die Kaap
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Hierdie roman van Dalene vertel die verhaal van Pieternella, dogter van die Deense sjirurgyn Pieter van Meerhoff en van die Hottentottin Krotoa-Eva, wat na Robbeneiland verban is.

Teen hul sin word die veertienjarige Pieternella en haar jonger broer, Salomon, na voogouers op Mauritius gestuur - ’n ontstuimige seereis wat die aanloop is van baie ontberinge.

Dié historiese roman gee ’n nuwe perspektief op die wrede vroeë geskiedenis van Robbeneiland, asook van die destydse strafkolonie Mauritius.

Pieternella van die Kaap is die resultaat van drie jaar se intensiewe navorsing deur Dalene Matthee

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Wednesday, July 2, 2008

Kook En Geniet deur S de Villiers


Kook En Geniet deur S de VilliersKook En Geniet
Skrywer: S.J.A. de Villiers; David Briers
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Eetlepel of milliliter. Koolstoof of microgolfoond. Handklitser of voedselverwerker. Kook en geniet bly \'n staatmaker vir Ouma, Ma en vandag se vrou - alles vir die beginnerkok – hoe om bestanddele te meet, die mikrogolfoond te gebruik, groente voor te berei, vleis gaar te maak, kos te vries meer as 1000 ekonomiese, beproefde resepte – van ontbyt tot mengeldrankies.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Die Siel Van Die Mier deur Eugene Marais


Die Siel Van Die Mier deur Eugene MaraisDie Siel Van Die Mier deur
Skrywer: Eugene N. Marais
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Hierdie her-uitgawe is verryk deur ‘n inleidende besinning oor die vraag of Maeterlinck, die Belgiese Nobelpryswenner, Marais se teorie oor die termietnes as organiese eenheid oorgeneem het. Die addendum bevat artikels wat vandag slegs met moeite uit ou tydskrifte en koerante opgediep kan word.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Kinders Van Die Sabbatsee deur Esta Steyn


Kinders Van Die Sabbatsee deur Esta SteynKinders Van Die Sabbatsee
Skrywer: Esta Steyn
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Lyla versorg haar sterwende stiepfa, Stefus Serdyn. As hy sterf, is hierdie stukkie grond op Nonniesbaai Lyla se enigste tuiste.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Monday, June 23, 2008

Ander lewens deur Andre P Brink


Ander lewens deur Andre P BrinkAnder lewens : 'n Roman in drie dele
Skrywer: Andre P. Brink
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Hierdie drie novelles word op intrigerende wyse aan mekaar verbind deur oorvleuelende karakters en plekke, asook tematiese ooreenkomste. Die drie vertellers is al drie kunstenaars: 'n skilder, 'n argitek, 'n pianis.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Friday, June 20, 2008

Omnibus 18 deur Ena Murray



Omnibus 18 deur Ena MurrayOmnibus 18
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Diena van Die Eike
- Soveel blye dae
- Helder is die nag

Ena Murray skryf met seldsame insig oor die liefde tussen mense, en beeld ook met groot begrip die skadukant daarvan uit.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Wednesday, June 18, 2008

Bidsprinkaan deur Andre P Brink

Bidsprinkaan deur Andre P BrinkBidsprinkaan
Skrywer: Andre P Brink
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Afrika se eeue oue magiesheid en hartstog vorm die agtergrond van die intiem verweefde komedie en tragedie in hierdie roman.

Dit is gebaseer op die historiese figuur Kupido Kakkerlak (c. 1760 – c. 1825) se lewe. Maar die raaisel van 'n mens se lewe word ten beste met die verbeelding benader.

Kupido is nie gebore nie, 'n arend het hom gebring.

In daardie tyd het ook 'n bidsprinkaan verskyn - 'n teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde rondgele. Nadat Heitsi-Eibib in die veld aan Kupido verskyn het, raak hy as baasjagter bekend tot ver buite die grense van die boereplaas waar hy grootword. Hy is ook die drinker, leuenaar, minnaar en bakleier van die kontrei. Onder die sendeling dr. Van der Kemp se invloed word hy egter die eerste Khoi wat as sendeling aan die Kaap die Goeie Hoop georden is.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Wednesday, June 4, 2008

Susters Van Eva deur Dalene Matthee



Susters Van Eva deur Dalene MattheeSusters Van Eva
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Wat het Jessie de Waardt besiel om haar babadogtertjie in 'n kuil te verdrink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het?

En wie was die pa van die kind wat elf maande na haar man, Ses, se dood gebore is?

Hierdie vrae spook by die vroue op die Roeveldse plase in Grootberg-se-Kloof terwyl Jessie by 'n bobbejaantrop skuil om speurders te ontwyk. Haar verdwyning kwel ook die mans, want Jessie se aardse vroulikheid het elkeen van hulle kwesbaar gemaak.

Deur die oe van vier vroue ontvou die verhaal van Jessie en Ses se saamwoon in liefde en haat, en van die geheime en hunkeringe in die vrouelewens waarmee hare verweef geraak het.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Saturday, May 24, 2008

Moerbeibos deur Dalene Matthee



Moerbeibos deur Dalene MattheeMoerbeibos
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Italiaanse sywurmboere word ingevoer om 'n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswereld, maar moerbeibome verseg om in die potklei te groei.

In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reen, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het.

Die man wat hulle tot hulp kom, is 'n bosmens met 'n onregeerbare dogter en 'n kop vol planne - die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op 'n skip kry, terug Italie toe.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Thursday, May 22, 2008

Meisie Van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja Herholdt


Meisie Van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja HerholdtMeisie Van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja Herholdt
Skrywer: Carel F. Cronje
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Sonja: Meisie van Nigel is die verhaal van 'n vrou - die meisie wat op Marievale myn grootgeword het, by die Goudstadse onderwyskollege in Johannesburg gaan studeer het en in 1975 die Afrikaanse musiektoneel stormgeloop en met haar vrolike, ongekunstelde sangstyl onherroeplik verander het. Die pers het haar as 'n 'blonde orkaan' bestempel en daarna het 'die grootste sukses van alle tye' aan haar behoort.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Sunday, May 4, 2008

Brug van die esels deur Dalene Matthee



Brug van die esels deur Dalene MattheeBrug van die esels
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Diamante is klein klippies, heilig, waarin oerlig gebere is.

Araminta Rossouw het op universiteit in die geskiedenis van die Afrikanervolk gaan delf om haarself te probeer vind, en so afgekom op 'n barsie wat deur alles loop en waarvan niemand haar ooit gese het nie. 'n Bars wat al groter word, en wat alles en almal aantas.

Nou sien sy geen keuse nie - sy moet self op die bars langs loop, want as eiendomsagent sal sy nog baie kommissie moet verdien om vlerke te kan he vir wegvlieg.

Maar diamante bied 'n vinnige ontsnaproete. Gevaarlik maar onweerstaanbaar.

So begin 'n spel met die fassinerende blink klippies wat haar in 'n krisis laat beland wat sy met haar noukeurige berekenings nie kon voorsien nie. En wanneer alles verlore lyk, kom Koos Malherbe as prokureur in haar lewe. Hy wat genoeg gesien het om te weet dat dit 'n mens nie baat om 'n brug bo-oor die waarheid te probeer bou nie.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Monday, April 21, 2008

Omnibus 17 deur Ena Murray


Omnibus 17 deur Ena MurrayOmnibus 17
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Rabbedoe van Rietkuil
- Waar die nagtegaal sing
- My afgemete deel

In die nawoord vertel die skrywer waarom haar held en heldin in haar boeke altyd so erg baklei, dikwels tot op die laaste bladsy. Nicolette Bezuidenhout is die rabbedoe in Rabbedoe van Rietkuil wat vir Wynand Hechter, die eienaar van die plaas waar sy as “voorman” kom werk, moet oortuig dat sy haar man kan staan.

Waar die nagtegaal sing speel af in ‘n Middeleeuse kasteel naby die romantiese Toledo.

Ena Murray vertel self soos volg oor die laaste verhaal, My afgemete deel: “Die jong, goedgelowige meisie wat so maklik deur die gladde tong van die sjarmante en ervare meneer verlei word. Ek hoef natuurlik nie ver te gaan soek het vir hierdie tema nie.”

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Tuesday, April 8, 2008

Die Judasbok deur Dalene Matthee


Die Judasbok deur Dalene MattheeDie Judasbok
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Hardeband



Beskrywing:
Die Judasbok is Dalene Matthee se eerste boek. Hiermee het sy in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en dié bundel verhale het haar ná aan haar hart gelê, want vyf-en-twintig jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lê hierin opgesluit.

"As ek uit die skool is, gaan ek ... boeke skryf," sê een van haar karakters in Die Judasbok. "En ek sal bekend word."

Met hierdie bundel verhale en haar romans Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos het Dalene Matthee in 'n ommesientjie méér as bekend geword - sy was een van die gewildste skrywers in Afrikaans.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Friday, April 4, 2008

Fiela Se Kind deur Dalene Matthee



Fiela Se Kind deur Dalene MattheeFiela Se Kind
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind – deur die Here aan haar “toebetrou” een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, ‘n weggooilam.

Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige kind weggeraak het. Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens?

Kon ‘n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Die vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die bruinmense kry.

En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek? Hy moet weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het, nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Wednesday, March 19, 2008

Omnibus 16 deur Ena Murray


Ena Murray Omnibus 16 deur  Ena Murray Ena Murray Omnibus 16
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Onrus op Oshakati
- Regters oor gister
- Weerklank van die liefde

Drie liefdesverhale wat oorloop met intrige, suspensie en romanse waarin die verlede kom spook en die toekoms beinvloed.

In Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang. Maar onbewustelik ry sy 'n intrige binne wat lewensgevaar inhou. Want by die Ovambo-sendinghospitaal spat die vonke van die staanspoor tussen haar en die verbitterde dr. Louw Hoffman. Die vraag is: kan sy op Louw Hoffman vertrou?

In Regters oor gister haal die verlede vir Mignon Preller ook in – 'n verlede waaraan sy heeltemal onskuldig is. Twintig jaar gelede is daar 'n verkeerde besluit omtrent haar geneem, 'n fout wat nou duisend maal vergroot terugkom en twee jong mense in die ban van 'n verbode liefde hou.

In Weerklank van die liefde wanneer 'n wildvreemde meisie per ongeluk in dr. Rudolf van der Merwe se lewe – en sy woonstel, sy bed en sy slaapklere – beland, raak hy onherroeplik betrek by 'n tergende raaisel. Want die naamlose meisie ly aan geheueverlies, en al leidraad is 'n koerantberig oor 'n onopgeloste moord waarvan die sleutelverdagte spoorloos verdwyn het.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Tuesday, March 18, 2008

Omnibus 15 deur Ena Murray


Omnibus 15 deur Ena MurrayOmnibus 15
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Sluiers van die nag
- Wewenaar van Groene Weide
- Boeie van goud

Drie liefdesverhale gevul met intrige, suspensie en romanse. In Sluiers van die nag stry Maryke Linde teen spoke van die verlede – spoke wat haar die enigste ding wat sy oorhet op aarde kan laat verloor.

In Wewenaar van Groene Weide word Manda Maree se nogal rustige lewe baie meer interessant wanneer sy in die intrige wereld van speurders en miljoeners ingetrek word.

In Boeie van goud begin Charmain die fondasie waarop haar huwelik gebou is bevraagteken - Waarom het hy met haar getrou?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Monday, March 17, 2008

Kringe in 'n bos deur Dalene Matthee



Kringe in 'n bos deur Dalene MattheeKringe in 'n bos
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
'n Houtkapper met 'n rustelose siel. 'n Legendariese olifantbul wat losbreek van sy trop. In die groen skemerwereld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. 'n Man en sy dier-broer. Saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Tuesday, March 4, 2008

Petronella van Aarde deur Dalene Matthee



Petronella van Aarde deur Dalene MattheePetronella van Aarde
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Op Kasselspoort weet almal al jare lank dat Zerk Raubenheimer burgemeester gaan word wanneer oom Neels Meyer die dag die stoel ontruim.

Maar dan kap oom Neels om juis terwyl Zerk en sy vrou Freda op 'n lang reis in die buiteland is, en in die daaropvolgende verwarring word die weduwee Petronella van Aarde tot burgemeester verkies.

En dan begin die poppe te dans! Want Petronella het geen benul van die proseduurlikheid nie en sy gee ook nie om wie sy in die werk steek om wat te doen nie. Al wat sy wil he, is dat dinge 'n slag reggevat moet word, dat daar 'n end moet kom aan die jarelange verwaarlosing van die dorp.

Nie lank nie of Kasselspoort begin 'n ander aanskyn aanneem. Selfs diegene wat aanvanklik teen Petronella gekant was, begin insien dat sy haar uitstekend van haar taak kwyt.

Die een persoon wat halsstarrig weier om dit toe te gee, is Freda Raubenheimer. Want tussen die Raubenheimers en Petronella was dinge nog nooit weer heeltemal lekker nie nadat die jong Dennis Raubenheimer vir Petronella se dogter Talia voor die kansel gelos het vir 'n ander vrou.

Nou het Talia teruggekom om op Kasselspoort te kom skoolhou, en Dennis het ook teruggekeer om sy pa in sy prokureurspraktyk te kom bystaan. Sal dinge die keer anders uitwerk? Of sal die breuk nooit weer geheel kan word nie?

En tussen al hierdie dinge deur, net om sake nog verder te kompliseer, is daar ou oom Joos Jakobs se wanhopige stryd om te keer dat sy dogter, die ambisieuse Freda, hom uitboender uit die huis waar hy nou al sy hele lewe woon, om van die plek Kasselspoort se eerste museum te maak.

Die verhaal van Kasselspoort en sy mense is 'n lekkerleesverhaal met iets vir elkeen - 'n bietjie liefde, heelwat humor en sommer baie stof tot nadenke.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Tuesday, February 5, 2008

Gunstelinge deur Ena Murray


Gunstelinge deur Ena MurrayGunstelinge
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Verwonde Jare
- Sê Groete Vir Pappa
- Op Pad Na Kanaän
- Die Wit Koningin

Ena verduidelik haar keuse as volg: "Die vier verhale in hierdie bundel het een ding gemeen: Dit gaan om die werklike lewe; van die karakters is of was werklike mense wat hulle in werklike situasies bevind het - dié soort verhaal wat my naaste aan die hart lê. Ook is persoonlike ervaring tussendeur ingevleg.

Hoewel gedeeltes noodwendig uit my verbeelding geskep of aangevul moes word, kom die ou segswyse wat sê die waarheid is soms ongeloofbaarder as fiksie, hier tot sy volle reg.
Daarom is dit vir my as skrywer so 'n voorreg om op my sewentigste verjaardag en in die sewe en veertigste jaar in die skrywerswêreld hierdie bundel die lig te laat sien.

My opregte dank aan die uitgewer en al my duisende lojale lesers deur die jare."

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Monday, February 4, 2008

'n Huis vir Nadia deur Dalene Matthee



'n Huis vir Nadia deur Dalene Matthee 'n Huis vir Nadia
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit - sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na 'n plek vir seuns in die Oos-Kaap.

Daardie dag het sy gesweer - sy sal gou grootword sodat sy vir hulle 'n huis kan koop en hulle nooit weer met die trein hoef weggestuur te word nie. Maar dit het Kella nie getroos nie. Hulle moes hom later in die trein tel en sy hande van die reling losmaak. Sy geskree en geskop het mense laat stilstaan om te kyk.

"Shame," het 'n vrou gese. "Sy naam is nie Shame nie, sy naam is Kella," het sy gesnip en bygevoeg: "Ek weet, want hy's my boetie.

" Nadia Hamman, weggooikind wat deur die Welsynsmense grootgemaak moes word, het daardie dag 'n besluit geneem waarby sy deur al die jare daarna sou bly - om vir haar en haar broer 'n plekkie in die lewe te vind,'n veilige hawe.

Maar wat maak 'n mens as die persoon rondom wie jy jou lewe opgebou het, die dag te veel van jou vra - soveel dat jy begin twyfel of jy enigiets vir hom beteken? In haar wanhoop kan Nadia haar nie eens tot Rex de Waal wend nie, al se Rex ook dat hy vir haar omgee. Want ryk Rex de Waal, die hubaarste vrygesel in die distrik, kom uit 'n vooraanstaande familie. En die lewe het Nadia al geleer dat mense se houding teenoor haar soos handomkeer verander sodra hulle die ware feite van haar lewe hoor.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Saturday, February 2, 2008

Omnibus 12 deur Ena Murray


Omnibus 12 deur Ena MurrayOmnibus 12
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Lied van die Campino's
- Altaarvure op Kandavu
- Koninkryk van Ricardo

Drie liefdesverhale met die bekoring van "lank, lank gelede". In lied van die Campino's daag Petro Malan in Portugal by haar oorlede moeder se adellike familie op, maar sy word geensins verwelkom nie. Benewens aanslae op haar lewe en die fnuiking van haar ontluikende liefde, is daar ook nog die tergende geheim van die vasgebinde en verminkte vrou bo in die Middeleeuse toring.

Met Altaarvure op Kandavu verskuif die toneel na die Fidji-eilande, waarheen Marika Lubbe die ongenaakbare dr. De Wet Zandberg moet vergesel om sy dogtertjie Marietjie, 'n poliolyer, te versorg. En dan word Marietjie ontvoer.

In Koninkryk van Ricardo daag jong onderwyseres Antoinette Duvenhage op die afgelee eiland St. Ronaldo op vir die vakansie van 'n leeftyd. Kort voor lank beleef sy die een intrige op die ander, en maak sy kennis met sowel liefde as haat.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Omnibus 11 deur Ena Murray


Omnibus 11 deur Ena MurrayOmnibus 11
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Die spookvrou van Santa Catalina
- Roep van die Naguil
- 'n Bruid vir graaf Debussy

Drie romans met die bekoring van "lank, lank gelede". In Die spookvrou van Santa Catalina knoop die avontuurlustige Juanita de Ramiro, kasteeldogter van Cadiz, die stryd aan teen boekanier en seerower. As seekaptein sal sy self sorg dat haar vader se vragskepe veiligheid bereik. En spoedig word sy 'n legende, die "spookvrou", gevrees deur elke seeman. Maar die dag toe sy De Gramont voor sy bemanning verneder, begin sy beheer verloor oor haar hart en oor haar lewe.

Met Roep van die Naguil verskuif die toneel na die Kaap de Goede Hoop, na die grasieuse lewenstyl in die Kasteel. Op die hoogtepunt van 'n swierige bal staan hy skielik daar - die gemaskerde dief, die Naguil. Dit is die eerste maal dat Marlaine en die Naguil se paaie kruis. Maar helaas nie die laaste keer nie.

In 'n Bruid vir graaf Debussy is Jean-Paul Debussy al dertig, die ouderdom waarop 'n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne 'n maand 'n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op 'n stormnag in 'n herberg tee. 'n Misverstand dryf hulle egter uiteen, maar Simone besluit om haar man terug te wen.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Friday, January 18, 2008

Omnibus 10 deur Ena Murray


Omnibus 10 deur Ena MurrayOmnibus 10
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
3 Lekker-lees Liefdesverhale
Bevat die Boeke:
- Die reëngod Tlaloc
- Vlug van die albatros
- Koning van die Kanaku

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Thursday, January 17, 2008

Omnibus 9 deur Ena Murray


Omnibus 9 deur Ena MurrayOmnibus 9
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband




Beskrywing:
Bevat die Boeke:
-Luidende simbale
-Dieplood
-Groter liefde as dit

Die drie boeke in hierdie omnibus vorm saam die Hammanshof-sage. Dit skerp die wete in dat die mens nie net vir homself kan lewe nie; dat hy sonder liefde erbarmlik arm is, al besit hy die wêreld.

Op Hammanshof word die skinderstories met smaak oorvertel. San Wolfaard en tant Stienie wedywer om die sappige brokkies eerste die strate in te stuur.

Veral Wouter Woudberg loop deur. Stel jou voor: ‘n man met sewe plase wat skoene vir R80 op die dorp koop en dit dan vir R120 aan sy plaaswerkers verkwansel! Hoe hy aan sy aardse besitting gekom het, is ‘n ander storie. Prokureur Dirk Opperman weet mos net hoe om ‘n transaksie vir sy beste vriend te beklink…Maar boontjie kry sy loontjie. Wouter het verniet derduisende rande aan die huis op Nooitgedacht vir sy bruid bestee: die mooie Stella verkies ‘n brandarm man bo die Woudberg-skatte. So bespiegel en praat die Hammanshoffers.

En San Wolfaard glo dat niks haar oë en ore ontglip nie. As sy maar kon weet van die donker geheime, die sielestryd van die mense oor wie sy so maklik oordeel..Van Stella se liefdelose lewe en dokter Vermaak se onetiese optrede; van die hartseer wat Melanie Woudberg in haar herehuis verteer; van Wouter se belofte om wraak te neem – al is dit oor twintig jaar. Almal leef in stryd met hul gewetes.

Luidende simbale…mense wat die liefde nie ken nie. Maar soos die jare verbygaan, bly die oordeel nie uit nie, maal die meule stadig maar seker.. Ja, uiteindelik haal die lewe almal in.

Sluit ook 'n Nawoord van die Skrywer in!

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika