Friday, January 18, 2008

Omnibus 10 deur Ena Murray


Omnibus 10 deur Ena MurrayOmnibus 10
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
3 Lekker-lees Liefdesverhale
Bevat die Boeke:
- Die reëngod Tlaloc
- Vlug van die albatros
- Koning van die Kanaku

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Thursday, January 17, 2008

Omnibus 9 deur Ena Murray


Omnibus 9 deur Ena MurrayOmnibus 9
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband




Beskrywing:
Bevat die Boeke:
-Luidende simbale
-Dieplood
-Groter liefde as dit

Die drie boeke in hierdie omnibus vorm saam die Hammanshof-sage. Dit skerp die wete in dat die mens nie net vir homself kan lewe nie; dat hy sonder liefde erbarmlik arm is, al besit hy die wêreld.

Op Hammanshof word die skinderstories met smaak oorvertel. San Wolfaard en tant Stienie wedywer om die sappige brokkies eerste die strate in te stuur.

Veral Wouter Woudberg loop deur. Stel jou voor: ‘n man met sewe plase wat skoene vir R80 op die dorp koop en dit dan vir R120 aan sy plaaswerkers verkwansel! Hoe hy aan sy aardse besitting gekom het, is ‘n ander storie. Prokureur Dirk Opperman weet mos net hoe om ‘n transaksie vir sy beste vriend te beklink…Maar boontjie kry sy loontjie. Wouter het verniet derduisende rande aan die huis op Nooitgedacht vir sy bruid bestee: die mooie Stella verkies ‘n brandarm man bo die Woudberg-skatte. So bespiegel en praat die Hammanshoffers.

En San Wolfaard glo dat niks haar oë en ore ontglip nie. As sy maar kon weet van die donker geheime, die sielestryd van die mense oor wie sy so maklik oordeel..Van Stella se liefdelose lewe en dokter Vermaak se onetiese optrede; van die hartseer wat Melanie Woudberg in haar herehuis verteer; van Wouter se belofte om wraak te neem – al is dit oor twintig jaar. Almal leef in stryd met hul gewetes.

Luidende simbale…mense wat die liefde nie ken nie. Maar soos die jare verbygaan, bly die oordeel nie uit nie, maal die meule stadig maar seker.. Ja, uiteindelik haal die lewe almal in.

Sluit ook 'n Nawoord van die Skrywer in!

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Wednesday, January 16, 2008

Spreekkamerstories deur Fana Malherbe


SpreekkamerstoriesSpreekkamerstories
Skrywer: Fana Malherbe
Formaat: Sagteband




Beskrywing:
Erns en skerts, vreugde en smart - die lag met 'n traan - vorm in humor soos ons dit vandag verstaan 'n wonderlike harmonie.

Ons praat van die operasiekamer as die teater - 'n teater waar chirurg en verpleegster die hoofrolle vertolk en waar inderdaad soms groot dramas afspeel, selfs tragedies, maar waar die gang van sake gewoonlik rustig en doelgerig is, en ook humor sy plek het.

Die meeste van die stories - deur die skrywer versamel oor 'n periode van meer as veertig jaar - het werklik met dokters en hulle pasiënte gebeur en is voorbeelde van humor, van die siening van pasiënt en dokter.


Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Monday, January 14, 2008

Omnibus 5 deur Ena Murray


Omnibus 5 deur Ena MurrayOmnibus 5
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Vreemdeling in Eden
- Tahiti, verre land
- Hartklop van Hawaii

Vreemdeling in Eden - Om toesig oor haar oorlede suster se dogtertjie te kry, trou die agtienjarige Karlien Steenkamp met Julius Schreider, An skatryk Seychellese sakeman. Sy motiewe is net so duister soos sy agtergrond, maar Karlien is desperaat. Min weet sy wat die prys is wat sy op die idilliese Seychelle sal moet betaal. Alles is nie soos wat dit op die oppervlak voorkom nie en die tropiese paradys word An plek om te vrees.

Tahiti, verre land - Weda Henkel vaar as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op An luukse-passasiersboot na Tahiti. Nog lank voor sy die danige De Bougainville ontmoet, het sy klaar besluit sy kan hom nie verdra nie; dat hy die laaste man is in wie se skoot sy soos die spreekwoordelike ryp appel gaan val. Maar die liefde het vreemde wee.

Hartklop van Hawaii - Die pragtige Kara Malherbe neem aan An skoonheidswedstryd deel en wen An vakansie in Hawaii. An Liefdesintrige is die laaste ding waarvoor sy nou kans sien, maar dan raak sy betrokke in An drama op die eiland. Drie meisies word ontvoer en die Hawaiise magnaat, Rupert Sinclair, word daarvan verdink. Die probleem? Kara is verlief op hom! Sy bevind haarself in 'n doolhof...

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika