Saturday, November 8, 2008

Blou Bulle - 70 Jaar van Glorie



Blou Bulle - 70 Jaar van GlorieBlou Bulle - 70 Jaar van Glorie
Skrywer: Wim van der Berg; Gerhard Burger
Formaat: Hardeband





Beskrywing:
Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier – trots oor die prestasies van die spelers van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle; en nederig, dat die drome en visie van dié wat hulle vir ’n onafhanklike unie beywer het suksesvol nagestreef is.

Blou Bulle: 70 Glorie Jare is nie bedoel om ’n naslaanwerk te wees nie. Dit is die storie van die totstandkoming van die unie en hoe dit oor die 70 jaar ontwikkel het. Die hoogtepunte – en ook laagtepunte – word in die boek gedokumenteer, insluitende die prestasies op die veld en in die raadsale van Suid-Afrika en inderdaad die wêreld; so ook die probleme tydens die oorgang na professionalisme.

Die rol van die skeidsregters, die ondersteuners, die skole en die klubs word gekombineer in hierdie verhaal van eenheid van wat eintlik ’n enkele groot familie is, omdat die unie so na aan sy ondersteuners staan. Dit is geen toeval dat die Blou Bulle die enigste Suid- Afrikaanse span is wat die Vodacom Super 14-reeks kon wen nie; of dat Noord-Transvaal en die Blou Bulle die Curriebeker 18 keer gewen het uit die 48 keer dat daar om die trofee gespeel is; en in 30 van die 48 eindstryde gespeel het waarvan 18 gewen is en 4 gelykop geëindig het.

Maar veel meer as dit is hierdie verhaal van Noord- Transvaal en die Blou Bulle ’n hulde aan diegene wie se harde werk en lojaliteit die unie deur die jare gedra het. Ryklik geillustreer met onlangse foto’s asook foto’s uit die argiewe en propvol statistieke om uit te ruil.

Hierdie boek is die ideale geskenk vir mans die Kersfees.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika