Monday, April 21, 2008

Omnibus 17 deur Ena Murray


Omnibus 17 deur Ena MurrayOmnibus 17
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Rabbedoe van Rietkuil
- Waar die nagtegaal sing
- My afgemete deel

In die nawoord vertel die skrywer waarom haar held en heldin in haar boeke altyd so erg baklei, dikwels tot op die laaste bladsy. Nicolette Bezuidenhout is die rabbedoe in Rabbedoe van Rietkuil wat vir Wynand Hechter, die eienaar van die plaas waar sy as “voorman” kom werk, moet oortuig dat sy haar man kan staan.

Waar die nagtegaal sing speel af in ‘n Middeleeuse kasteel naby die romantiese Toledo.

Ena Murray vertel self soos volg oor die laaste verhaal, My afgemete deel: “Die jong, goedgelowige meisie wat so maklik deur die gladde tong van die sjarmante en ervare meneer verlei word. Ek hoef natuurlik nie ver te gaan soek het vir hierdie tema nie.”

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Tuesday, April 8, 2008

Die Judasbok deur Dalene Matthee


Die Judasbok deur Dalene MattheeDie Judasbok
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Hardeband



Beskrywing:
Die Judasbok is Dalene Matthee se eerste boek. Hiermee het sy in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en dié bundel verhale het haar ná aan haar hart gelê, want vyf-en-twintig jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lê hierin opgesluit.

"As ek uit die skool is, gaan ek ... boeke skryf," sê een van haar karakters in Die Judasbok. "En ek sal bekend word."

Met hierdie bundel verhale en haar romans Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos het Dalene Matthee in 'n ommesientjie méér as bekend geword - sy was een van die gewildste skrywers in Afrikaans.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Friday, April 4, 2008

Fiela Se Kind deur Dalene Matthee



Fiela Se Kind deur Dalene MattheeFiela Se Kind
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind – deur die Here aan haar “toebetrou” een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, ‘n weggooilam.

Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige kind weggeraak het. Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens?

Kon ‘n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Die vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die bruinmense kry.

En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek? Hy moet weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het, nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika