Thursday, January 17, 2008

Omnibus 9 deur Ena Murray


Omnibus 9 deur Ena MurrayOmnibus 9
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband




Beskrywing:
Bevat die Boeke:
-Luidende simbale
-Dieplood
-Groter liefde as dit

Die drie boeke in hierdie omnibus vorm saam die Hammanshof-sage. Dit skerp die wete in dat die mens nie net vir homself kan lewe nie; dat hy sonder liefde erbarmlik arm is, al besit hy die wêreld.

Op Hammanshof word die skinderstories met smaak oorvertel. San Wolfaard en tant Stienie wedywer om die sappige brokkies eerste die strate in te stuur.

Veral Wouter Woudberg loop deur. Stel jou voor: ‘n man met sewe plase wat skoene vir R80 op die dorp koop en dit dan vir R120 aan sy plaaswerkers verkwansel! Hoe hy aan sy aardse besitting gekom het, is ‘n ander storie. Prokureur Dirk Opperman weet mos net hoe om ‘n transaksie vir sy beste vriend te beklink…Maar boontjie kry sy loontjie. Wouter het verniet derduisende rande aan die huis op Nooitgedacht vir sy bruid bestee: die mooie Stella verkies ‘n brandarm man bo die Woudberg-skatte. So bespiegel en praat die Hammanshoffers.

En San Wolfaard glo dat niks haar oë en ore ontglip nie. As sy maar kon weet van die donker geheime, die sielestryd van die mense oor wie sy so maklik oordeel..Van Stella se liefdelose lewe en dokter Vermaak se onetiese optrede; van die hartseer wat Melanie Woudberg in haar herehuis verteer; van Wouter se belofte om wraak te neem – al is dit oor twintig jaar. Almal leef in stryd met hul gewetes.

Luidende simbale…mense wat die liefde nie ken nie. Maar soos die jare verbygaan, bly die oordeel nie uit nie, maal die meule stadig maar seker.. Ja, uiteindelik haal die lewe almal in.

Sluit ook 'n Nawoord van die Skrywer in!

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika