Saturday, February 2, 2008

Omnibus 11 deur Ena Murray


Omnibus 11 deur Ena MurrayOmnibus 11
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Die spookvrou van Santa Catalina
- Roep van die Naguil
- 'n Bruid vir graaf Debussy

Drie romans met die bekoring van "lank, lank gelede". In Die spookvrou van Santa Catalina knoop die avontuurlustige Juanita de Ramiro, kasteeldogter van Cadiz, die stryd aan teen boekanier en seerower. As seekaptein sal sy self sorg dat haar vader se vragskepe veiligheid bereik. En spoedig word sy 'n legende, die "spookvrou", gevrees deur elke seeman. Maar die dag toe sy De Gramont voor sy bemanning verneder, begin sy beheer verloor oor haar hart en oor haar lewe.

Met Roep van die Naguil verskuif die toneel na die Kaap de Goede Hoop, na die grasieuse lewenstyl in die Kasteel. Op die hoogtepunt van 'n swierige bal staan hy skielik daar - die gemaskerde dief, die Naguil. Dit is die eerste maal dat Marlaine en die Naguil se paaie kruis. Maar helaas nie die laaste keer nie.

In 'n Bruid vir graaf Debussy is Jean-Paul Debussy al dertig, die ouderdom waarop 'n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne 'n maand 'n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op 'n stormnag in 'n herberg tee. 'n Misverstand dryf hulle egter uiteen, maar Simone besluit om haar man terug te wen.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika