Wednesday, March 19, 2008

Omnibus 16 deur Ena Murray


Ena Murray Omnibus 16 deur  Ena Murray Ena Murray Omnibus 16
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Onrus op Oshakati
- Regters oor gister
- Weerklank van die liefde

Drie liefdesverhale wat oorloop met intrige, suspensie en romanse waarin die verlede kom spook en die toekoms beinvloed.

In Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang. Maar onbewustelik ry sy 'n intrige binne wat lewensgevaar inhou. Want by die Ovambo-sendinghospitaal spat die vonke van die staanspoor tussen haar en die verbitterde dr. Louw Hoffman. Die vraag is: kan sy op Louw Hoffman vertrou?

In Regters oor gister haal die verlede vir Mignon Preller ook in – 'n verlede waaraan sy heeltemal onskuldig is. Twintig jaar gelede is daar 'n verkeerde besluit omtrent haar geneem, 'n fout wat nou duisend maal vergroot terugkom en twee jong mense in die ban van 'n verbode liefde hou.

In Weerklank van die liefde wanneer 'n wildvreemde meisie per ongeluk in dr. Rudolf van der Merwe se lewe – en sy woonstel, sy bed en sy slaapklere – beland, raak hy onherroeplik betrek by 'n tergende raaisel. Want die naamlose meisie ly aan geheueverlies, en al leidraad is 'n koerantberig oor 'n onopgeloste moord waarvan die sleutelverdagte spoorloos verdwyn het.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Tuesday, March 18, 2008

Omnibus 15 deur Ena Murray


Omnibus 15 deur Ena MurrayOmnibus 15
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Sluiers van die nag
- Wewenaar van Groene Weide
- Boeie van goud

Drie liefdesverhale gevul met intrige, suspensie en romanse. In Sluiers van die nag stry Maryke Linde teen spoke van die verlede – spoke wat haar die enigste ding wat sy oorhet op aarde kan laat verloor.

In Wewenaar van Groene Weide word Manda Maree se nogal rustige lewe baie meer interessant wanneer sy in die intrige wereld van speurders en miljoeners ingetrek word.

In Boeie van goud begin Charmain die fondasie waarop haar huwelik gebou is bevraagteken - Waarom het hy met haar getrou?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Monday, March 17, 2008

Kringe in 'n bos deur Dalene Matthee



Kringe in 'n bos deur Dalene MattheeKringe in 'n bos
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
'n Houtkapper met 'n rustelose siel. 'n Legendariese olifantbul wat losbreek van sy trop. In die groen skemerwereld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. 'n Man en sy dier-broer. Saamgegooi in 'n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Tuesday, March 4, 2008

Petronella van Aarde deur Dalene Matthee



Petronella van Aarde deur Dalene MattheePetronella van Aarde
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Op Kasselspoort weet almal al jare lank dat Zerk Raubenheimer burgemeester gaan word wanneer oom Neels Meyer die dag die stoel ontruim.

Maar dan kap oom Neels om juis terwyl Zerk en sy vrou Freda op 'n lang reis in die buiteland is, en in die daaropvolgende verwarring word die weduwee Petronella van Aarde tot burgemeester verkies.

En dan begin die poppe te dans! Want Petronella het geen benul van die proseduurlikheid nie en sy gee ook nie om wie sy in die werk steek om wat te doen nie. Al wat sy wil he, is dat dinge 'n slag reggevat moet word, dat daar 'n end moet kom aan die jarelange verwaarlosing van die dorp.

Nie lank nie of Kasselspoort begin 'n ander aanskyn aanneem. Selfs diegene wat aanvanklik teen Petronella gekant was, begin insien dat sy haar uitstekend van haar taak kwyt.

Die een persoon wat halsstarrig weier om dit toe te gee, is Freda Raubenheimer. Want tussen die Raubenheimers en Petronella was dinge nog nooit weer heeltemal lekker nie nadat die jong Dennis Raubenheimer vir Petronella se dogter Talia voor die kansel gelos het vir 'n ander vrou.

Nou het Talia teruggekom om op Kasselspoort te kom skoolhou, en Dennis het ook teruggekeer om sy pa in sy prokureurspraktyk te kom bystaan. Sal dinge die keer anders uitwerk? Of sal die breuk nooit weer geheel kan word nie?

En tussen al hierdie dinge deur, net om sake nog verder te kompliseer, is daar ou oom Joos Jakobs se wanhopige stryd om te keer dat sy dogter, die ambisieuse Freda, hom uitboender uit die huis waar hy nou al sy hele lewe woon, om van die plek Kasselspoort se eerste museum te maak.

Die verhaal van Kasselspoort en sy mense is 'n lekkerleesverhaal met iets vir elkeen - 'n bietjie liefde, heelwat humor en sommer baie stof tot nadenke.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika