Monday, November 24, 2008

Oulap se blou by Chris Barnard



Oulap se blou by Chris BarnardOulap se blou
Skrywer: Chris Barnard
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Daardie tyd was die enigste tyd wat die wereld 'n volmaakte plek was, se die verteller in een van verskeie stories oor seunskinders in 'n pastorale wereld van onskuld – en tog nooit sonder 'n sydelingse blik op die slang in die paradys nie: die foon lui in die gang, sy ma sĂȘ al hoe minder, die dood van 'n buurdogter wat sy eerste waardering vir vroulike skoonheid geinspireer het.

Min kan Chris Barnard sy fyn aangevoelde uitdrukking van liefde en verlange nadoen, met soveel ekonomie van segging en soveel helderheid van styl.

Die eenvoud van die stories verberg die diepte van hulle peiling van die menslike tweeling van glorie en onvolmaaktheid.

Altyd met 'n liefhebber se bewondering vir die teenoorgestelde geslag, druk baie van die stories hulle sin vir verlange uit in die vorm van mense op reis.

Maar dis ook van hierdie verhale wat vir die kostelikste humor in die bundel sorg. Oulap se blou is 'n title wat vier, betreur vertroos, en ons 'n bietjie beter laat verstaan wat dit beteken om 'n mens te wees.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika