Showing posts with label Ena Murray. Show all posts
Showing posts with label Ena Murray. Show all posts

Monday, November 24, 2008

Omnibus 20 deur Ena Murray



Omnibus 20 deur Ena MurrayOmnibus 20
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Die meisie van Klaradynstraat
- As die lied verstil
- Die pad terug huis toe

Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie. Selfs in die mees vooraanstaande huise is daar geheime onderstrominge en hartseer. Toe Owen Kemp by die spesialis hoor dat sy dogter se pynaanvalle deur ‘n diep ongelukkigheid veroorsaak word, is hy verbyster. Isobel het dan alles wat haar hart begeer en staan boonop op trou met die geniale dokter Markus Richter! Maar Elsa weet die diagnose is korrek, want sy ken Isobel se geheim, sy weet van Jakob Olwage. . .

As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal op dié dorpie ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ‘n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ‘n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge behoorlik los, want Chrissie van Dennedal word Christine van Johannesburg. Intuïsie vertel haar ouma dat daar wel ‘n dag sal aanbreek dat Chrissie sal wil terugvlug na die rustige vallei van Dennedal.

Die pad terug huis toe wentel om ‘n traumatiese tydperk in die lewe van Karina Oosthuizen, gesogte en pragtige topmodel. ‘n Grusame motorbotsing laat haar blind en verlam, en eensklaps weer totaal afhanklik van ‘n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy, wat daarna gesmag het om heel bo uit te kom, moet aanvaar dat sy net een heenkome het – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags is daar iemand wat haar en haar moeder ‘n toevlug bied in ‘n pragtige wit huis by die see – perfek ingerig vir ‘n persoon in ‘n rolstoel. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het en met wie sy nie wou assosieer nie?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Sunday, October 12, 2008

Omnibus 19 deur Ena Murray



Omnibus 19 deur Ena MurrayOmnibus 19
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Terug na Kolkbaai
- Anderkant die horison
- 'n Tyd om te ween is

Die Kolkbaai waarheen Hannelore terugkeer ne elf jaar in die stad, is nie meer die vissersgehuggie wat dit destyds was nie. Baie van haar ou kennisse is egter nog daar ... tot haar spyt. Want die een mens wat sy nie wil sien nie, is onder hulle: Oloff Bernardi, die man aan wie haar hart behoort het toe hulle albei nog in hul teerder jeug was. Terug na Kolkbaai is die verhaal van 'n jong vrou se soeke na haarself, na vrede en na geluk.

Anderkant die horison ... 'n ander land en 'n ander tyd. Dis die suide van Frankryk, en dis 1789: die jaar van die Franse Revolusie. Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, moet vir haar lewe vlug of die guillotine is haar voorland. Die enigste een wat haar kan help, is Philippe Fouche, haar staljonge.

Die meisie uit die adelstand moet nou die kneg se bevele trou gehoorsaam. Hulle vlug na die Kaap de Goede Hoop, waar Loanne steeds gepynig word deur die nabeeld van haar vader se brandende kasteel. Sy verdink vir Philippe terwyl hy weer glo dit was die werk van die graaf Louis de la Fay Duponte, Loanne se verloofde. Alles bly raaisels, tot drie skepe Tafelbaai op 'n dag binnevaar ...

'n Tyd om te ween is 'n diep roerende verhaal waarin mense mekaar leer om te gee en waarin hulle besef: die lewe verloop selde soos ’n mens dit beplan. Na Paul Henning se hartaanval moet Rietspruit 'n ander dokter kry. Maar Hybre, dokter Paul se dogter, vertrou nie die briljante dokter Ewald Waltmann nie. Wat kom soek so 'n suksesvolle geneesheer op so 'n klein plekkie?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Friday, June 20, 2008

Omnibus 18 deur Ena Murray



Omnibus 18 deur Ena MurrayOmnibus 18
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Diena van Die Eike
- Soveel blye dae
- Helder is die nag

Ena Murray skryf met seldsame insig oor die liefde tussen mense, en beeld ook met groot begrip die skadukant daarvan uit.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Monday, April 21, 2008

Omnibus 17 deur Ena Murray


Omnibus 17 deur Ena MurrayOmnibus 17
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Rabbedoe van Rietkuil
- Waar die nagtegaal sing
- My afgemete deel

In die nawoord vertel die skrywer waarom haar held en heldin in haar boeke altyd so erg baklei, dikwels tot op die laaste bladsy. Nicolette Bezuidenhout is die rabbedoe in Rabbedoe van Rietkuil wat vir Wynand Hechter, die eienaar van die plaas waar sy as “voorman” kom werk, moet oortuig dat sy haar man kan staan.

Waar die nagtegaal sing speel af in ‘n Middeleeuse kasteel naby die romantiese Toledo.

Ena Murray vertel self soos volg oor die laaste verhaal, My afgemete deel: “Die jong, goedgelowige meisie wat so maklik deur die gladde tong van die sjarmante en ervare meneer verlei word. Ek hoef natuurlik nie ver te gaan soek het vir hierdie tema nie.”

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Wednesday, March 19, 2008

Omnibus 16 deur Ena Murray


Ena Murray Omnibus 16 deur  Ena Murray Ena Murray Omnibus 16
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Onrus op Oshakati
- Regters oor gister
- Weerklank van die liefde

Drie liefdesverhale wat oorloop met intrige, suspensie en romanse waarin die verlede kom spook en die toekoms beinvloed.

In Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang. Maar onbewustelik ry sy 'n intrige binne wat lewensgevaar inhou. Want by die Ovambo-sendinghospitaal spat die vonke van die staanspoor tussen haar en die verbitterde dr. Louw Hoffman. Die vraag is: kan sy op Louw Hoffman vertrou?

In Regters oor gister haal die verlede vir Mignon Preller ook in – 'n verlede waaraan sy heeltemal onskuldig is. Twintig jaar gelede is daar 'n verkeerde besluit omtrent haar geneem, 'n fout wat nou duisend maal vergroot terugkom en twee jong mense in die ban van 'n verbode liefde hou.

In Weerklank van die liefde wanneer 'n wildvreemde meisie per ongeluk in dr. Rudolf van der Merwe se lewe – en sy woonstel, sy bed en sy slaapklere – beland, raak hy onherroeplik betrek by 'n tergende raaisel. Want die naamlose meisie ly aan geheueverlies, en al leidraad is 'n koerantberig oor 'n onopgeloste moord waarvan die sleutelverdagte spoorloos verdwyn het.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Tuesday, March 18, 2008

Omnibus 15 deur Ena Murray


Omnibus 15 deur Ena MurrayOmnibus 15
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Sluiers van die nag
- Wewenaar van Groene Weide
- Boeie van goud

Drie liefdesverhale gevul met intrige, suspensie en romanse. In Sluiers van die nag stry Maryke Linde teen spoke van die verlede – spoke wat haar die enigste ding wat sy oorhet op aarde kan laat verloor.

In Wewenaar van Groene Weide word Manda Maree se nogal rustige lewe baie meer interessant wanneer sy in die intrige wereld van speurders en miljoeners ingetrek word.

In Boeie van goud begin Charmain die fondasie waarop haar huwelik gebou is bevraagteken - Waarom het hy met haar getrou?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Tuesday, February 5, 2008

Gunstelinge deur Ena Murray


Gunstelinge deur Ena MurrayGunstelinge
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Verwonde Jare
- Sê Groete Vir Pappa
- Op Pad Na Kanaän
- Die Wit Koningin

Ena verduidelik haar keuse as volg: "Die vier verhale in hierdie bundel het een ding gemeen: Dit gaan om die werklike lewe; van die karakters is of was werklike mense wat hulle in werklike situasies bevind het - dié soort verhaal wat my naaste aan die hart lê. Ook is persoonlike ervaring tussendeur ingevleg.

Hoewel gedeeltes noodwendig uit my verbeelding geskep of aangevul moes word, kom die ou segswyse wat sê die waarheid is soms ongeloofbaarder as fiksie, hier tot sy volle reg.
Daarom is dit vir my as skrywer so 'n voorreg om op my sewentigste verjaardag en in die sewe en veertigste jaar in die skrywerswêreld hierdie bundel die lig te laat sien.

My opregte dank aan die uitgewer en al my duisende lojale lesers deur die jare."

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Saturday, February 2, 2008

Omnibus 12 deur Ena Murray


Omnibus 12 deur Ena MurrayOmnibus 12
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Lied van die Campino's
- Altaarvure op Kandavu
- Koninkryk van Ricardo

Drie liefdesverhale met die bekoring van "lank, lank gelede". In lied van die Campino's daag Petro Malan in Portugal by haar oorlede moeder se adellike familie op, maar sy word geensins verwelkom nie. Benewens aanslae op haar lewe en die fnuiking van haar ontluikende liefde, is daar ook nog die tergende geheim van die vasgebinde en verminkte vrou bo in die Middeleeuse toring.

Met Altaarvure op Kandavu verskuif die toneel na die Fidji-eilande, waarheen Marika Lubbe die ongenaakbare dr. De Wet Zandberg moet vergesel om sy dogtertjie Marietjie, 'n poliolyer, te versorg. En dan word Marietjie ontvoer.

In Koninkryk van Ricardo daag jong onderwyseres Antoinette Duvenhage op die afgelee eiland St. Ronaldo op vir die vakansie van 'n leeftyd. Kort voor lank beleef sy die een intrige op die ander, en maak sy kennis met sowel liefde as haat.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Omnibus 11 deur Ena Murray


Omnibus 11 deur Ena MurrayOmnibus 11
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Die spookvrou van Santa Catalina
- Roep van die Naguil
- 'n Bruid vir graaf Debussy

Drie romans met die bekoring van "lank, lank gelede". In Die spookvrou van Santa Catalina knoop die avontuurlustige Juanita de Ramiro, kasteeldogter van Cadiz, die stryd aan teen boekanier en seerower. As seekaptein sal sy self sorg dat haar vader se vragskepe veiligheid bereik. En spoedig word sy 'n legende, die "spookvrou", gevrees deur elke seeman. Maar die dag toe sy De Gramont voor sy bemanning verneder, begin sy beheer verloor oor haar hart en oor haar lewe.

Met Roep van die Naguil verskuif die toneel na die Kaap de Goede Hoop, na die grasieuse lewenstyl in die Kasteel. Op die hoogtepunt van 'n swierige bal staan hy skielik daar - die gemaskerde dief, die Naguil. Dit is die eerste maal dat Marlaine en die Naguil se paaie kruis. Maar helaas nie die laaste keer nie.

In 'n Bruid vir graaf Debussy is Jean-Paul Debussy al dertig, die ouderdom waarop 'n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne 'n maand 'n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op 'n stormnag in 'n herberg tee. 'n Misverstand dryf hulle egter uiteen, maar Simone besluit om haar man terug te wen.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Friday, January 18, 2008

Omnibus 10 deur Ena Murray


Omnibus 10 deur Ena MurrayOmnibus 10
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
3 Lekker-lees Liefdesverhale
Bevat die Boeke:
- Die reëngod Tlaloc
- Vlug van die albatros
- Koning van die Kanaku

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Thursday, January 17, 2008

Omnibus 9 deur Ena Murray


Omnibus 9 deur Ena MurrayOmnibus 9
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband




Beskrywing:
Bevat die Boeke:
-Luidende simbale
-Dieplood
-Groter liefde as dit

Die drie boeke in hierdie omnibus vorm saam die Hammanshof-sage. Dit skerp die wete in dat die mens nie net vir homself kan lewe nie; dat hy sonder liefde erbarmlik arm is, al besit hy die wêreld.

Op Hammanshof word die skinderstories met smaak oorvertel. San Wolfaard en tant Stienie wedywer om die sappige brokkies eerste die strate in te stuur.

Veral Wouter Woudberg loop deur. Stel jou voor: ‘n man met sewe plase wat skoene vir R80 op die dorp koop en dit dan vir R120 aan sy plaaswerkers verkwansel! Hoe hy aan sy aardse besitting gekom het, is ‘n ander storie. Prokureur Dirk Opperman weet mos net hoe om ‘n transaksie vir sy beste vriend te beklink…Maar boontjie kry sy loontjie. Wouter het verniet derduisende rande aan die huis op Nooitgedacht vir sy bruid bestee: die mooie Stella verkies ‘n brandarm man bo die Woudberg-skatte. So bespiegel en praat die Hammanshoffers.

En San Wolfaard glo dat niks haar oë en ore ontglip nie. As sy maar kon weet van die donker geheime, die sielestryd van die mense oor wie sy so maklik oordeel..Van Stella se liefdelose lewe en dokter Vermaak se onetiese optrede; van die hartseer wat Melanie Woudberg in haar herehuis verteer; van Wouter se belofte om wraak te neem – al is dit oor twintig jaar. Almal leef in stryd met hul gewetes.

Luidende simbale…mense wat die liefde nie ken nie. Maar soos die jare verbygaan, bly die oordeel nie uit nie, maal die meule stadig maar seker.. Ja, uiteindelik haal die lewe almal in.

Sluit ook 'n Nawoord van die Skrywer in!

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Monday, January 14, 2008

Omnibus 5 deur Ena Murray


Omnibus 5 deur Ena MurrayOmnibus 5
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Vreemdeling in Eden
- Tahiti, verre land
- Hartklop van Hawaii

Vreemdeling in Eden - Om toesig oor haar oorlede suster se dogtertjie te kry, trou die agtienjarige Karlien Steenkamp met Julius Schreider, An skatryk Seychellese sakeman. Sy motiewe is net so duister soos sy agtergrond, maar Karlien is desperaat. Min weet sy wat die prys is wat sy op die idilliese Seychelle sal moet betaal. Alles is nie soos wat dit op die oppervlak voorkom nie en die tropiese paradys word An plek om te vrees.

Tahiti, verre land - Weda Henkel vaar as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op An luukse-passasiersboot na Tahiti. Nog lank voor sy die danige De Bougainville ontmoet, het sy klaar besluit sy kan hom nie verdra nie; dat hy die laaste man is in wie se skoot sy soos die spreekwoordelike ryp appel gaan val. Maar die liefde het vreemde wee.

Hartklop van Hawaii - Die pragtige Kara Malherbe neem aan An skoonheidswedstryd deel en wen An vakansie in Hawaii. An Liefdesintrige is die laaste ding waarvoor sy nou kans sien, maar dan raak sy betrokke in An drama op die eiland. Drie meisies word ontvoer en die Hawaiise magnaat, Rupert Sinclair, word daarvan verdink. Die probleem? Kara is verlief op hom! Sy bevind haarself in 'n doolhof...

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika