Monday, January 14, 2008

Omnibus 5 deur Ena Murray


Omnibus 5 deur Ena MurrayOmnibus 5
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Vreemdeling in Eden
- Tahiti, verre land
- Hartklop van Hawaii

Vreemdeling in Eden - Om toesig oor haar oorlede suster se dogtertjie te kry, trou die agtienjarige Karlien Steenkamp met Julius Schreider, An skatryk Seychellese sakeman. Sy motiewe is net so duister soos sy agtergrond, maar Karlien is desperaat. Min weet sy wat die prys is wat sy op die idilliese Seychelle sal moet betaal. Alles is nie soos wat dit op die oppervlak voorkom nie en die tropiese paradys word An plek om te vrees.

Tahiti, verre land - Weda Henkel vaar as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op An luukse-passasiersboot na Tahiti. Nog lank voor sy die danige De Bougainville ontmoet, het sy klaar besluit sy kan hom nie verdra nie; dat hy die laaste man is in wie se skoot sy soos die spreekwoordelike ryp appel gaan val. Maar die liefde het vreemde wee.

Hartklop van Hawaii - Die pragtige Kara Malherbe neem aan An skoonheidswedstryd deel en wen An vakansie in Hawaii. An Liefdesintrige is die laaste ding waarvoor sy nou kans sien, maar dan raak sy betrokke in An drama op die eiland. Drie meisies word ontvoer en die Hawaiise magnaat, Rupert Sinclair, word daarvan verdink. Die probleem? Kara is verlief op hom! Sy bevind haarself in 'n doolhof...

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika