Wednesday, November 5, 2008

Die Kinders Eet Viennas



Die Kinders Eet Viennas Maar 'n Man Kan Nie Relax NieDie Kinders Eet Viennas Maar 'n Man Kan Nie Relax Nie
Author: Uys van der Hoven; Nico Nel
Format: Softcover



Description:
“Ek is Uys van der Hoven, ek het Nico Nel in 1976 onderstebo ontmoet …” So vertel Uys van der Hoven van sy en Nico Nel se ontmoeting.

Nico Nel het op die gewilde TV-program Maak ’n las naam gemaak as storieman van formaat.

In hierdie bundel sorg hy en sy medestorieverteller, Uys van der Hoven, vir stories wat jou met trane in jou oë en wange seer van die lag vir meer sal laat vra.

Die Bont Louws se tuisgemaakte driedemfiets kos hulle amper al hulle sproete.
Jakop Tieties word ná ’n drinkparty in die lykshuis wakker en neem dit vir ’n hospitaal aan.
En daar is die storie oor die skaap en die argitek met die ponytail …

Beleef ’n jagtog saam met diamantsmokkelaars op ’n hotel se werf, kom hardloop kaalvoet saam met die polisie aflos op Lüderitz se soutpan, ry saam met die Bont Louws ’n driedem in Namakwaland en vind meer uit oor die genadedood binne huweliksverband.

Stel vas wat gebeur met ’n argitek se ponytail by ’n skaapbraai, ontmoet die vark Samuel Swart en ontdek watter skokkende goed gesê word op die sterfbed in die aangesig van die dood.

Woon saam met ses mense ’n begrafnis in die Karoo by en leer hoe vang stadsjapies snoek. Hierdie stories en nog meer word meesterlik deur Nico Nel van Maak ’n Las-faam en Uys van der Hoven as vrugte van hulle fotostatiese breine aan die leser vertel. Hulle het mekaar in 1976 onderstebo ontmoet, toe beide in die regte studeer en daarna in die verkeerde gedwaal het.

Hierdie boek, wat geskik is vir die hele gesin, is gelukkig in Afrikaans en nie in Latyn Spes, soos aanvanklik beplan was nie.

Purchase this book:
Buy this book online in South-Africa