Monday, November 24, 2008

Omnibus 20 deur Ena Murray



Omnibus 20 deur Ena MurrayOmnibus 20
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Die meisie van Klaradynstraat
- As die lied verstil
- Die pad terug huis toe

Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie. Selfs in die mees vooraanstaande huise is daar geheime onderstrominge en hartseer. Toe Owen Kemp by die spesialis hoor dat sy dogter se pynaanvalle deur ‘n diep ongelukkigheid veroorsaak word, is hy verbyster. Isobel het dan alles wat haar hart begeer en staan boonop op trou met die geniale dokter Markus Richter! Maar Elsa weet die diagnose is korrek, want sy ken Isobel se geheim, sy weet van Jakob Olwage. . .

As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal op dié dorpie ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ‘n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ‘n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge behoorlik los, want Chrissie van Dennedal word Christine van Johannesburg. Intuïsie vertel haar ouma dat daar wel ‘n dag sal aanbreek dat Chrissie sal wil terugvlug na die rustige vallei van Dennedal.

Die pad terug huis toe wentel om ‘n traumatiese tydperk in die lewe van Karina Oosthuizen, gesogte en pragtige topmodel. ‘n Grusame motorbotsing laat haar blind en verlam, en eensklaps weer totaal afhanklik van ‘n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy, wat daarna gesmag het om heel bo uit te kom, moet aanvaar dat sy net een heenkome het – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags is daar iemand wat haar en haar moeder ‘n toevlug bied in ‘n pragtige wit huis by die see – perfek ingerig vir ‘n persoon in ‘n rolstoel. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het en met wie sy nie wou assosieer nie?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Die Karoo kookboek deur Rose Willis



Die Karoo kookboek deur Rose WillisDie Karoo kookboek
Skrywer: Rose Willis
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Die Karoo kookboek is 'n ware refleksie van die kos van hierdie unieke area, propvol heerlike resepte wat van geslag tot geslag oorgedra is. Die pragtige kos fotografie word aangevul deur volkleur landskap foto's terwyl swart en wit foto's van historiese geboue en mense 'n nostalgiese gevoel ontketen.

Die 100+ resepte bestaan hoofsaaklik uit kos wat tradisioneel met die Karoo vereenselwig kan word, maar dit wys ook die moderne invloede wat bewys dat dit tog 'n dinamiese manier van kosmaak is. Die vars produkte van die area word benadruk en ’n kalender van gebeure word ook ingesluit.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Oulap se blou by Chris Barnard



Oulap se blou by Chris BarnardOulap se blou
Skrywer: Chris Barnard
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Daardie tyd was die enigste tyd wat die wereld 'n volmaakte plek was, se die verteller in een van verskeie stories oor seunskinders in 'n pastorale wereld van onskuld – en tog nooit sonder 'n sydelingse blik op die slang in die paradys nie: die foon lui in die gang, sy ma sê al hoe minder, die dood van 'n buurdogter wat sy eerste waardering vir vroulike skoonheid geinspireer het.

Min kan Chris Barnard sy fyn aangevoelde uitdrukking van liefde en verlange nadoen, met soveel ekonomie van segging en soveel helderheid van styl.

Die eenvoud van die stories verberg die diepte van hulle peiling van die menslike tweeling van glorie en onvolmaaktheid.

Altyd met 'n liefhebber se bewondering vir die teenoorgestelde geslag, druk baie van die stories hulle sin vir verlange uit in die vorm van mense op reis.

Maar dis ook van hierdie verhale wat vir die kostelikste humor in die bundel sorg. Oulap se blou is 'n title wat vier, betreur vertroos, en ons 'n bietjie beter laat verstaan wat dit beteken om 'n mens te wees.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



'n Beskermengel Vir Marlene deur Irma Joubert



'n Beskermengel Vir Marlene deur Irma Joubert 'n Beskermengel Vir Marlene
Skrywer: Irma Joubert
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Haar pa het haar geleer: pasop dat jy nie goedkoop is nie. Soos jou ma. Adolf leer haar vertrou, leer haar liefhe. Tot die verlede hulle inhaal. En Marlene weet - dis die einde van haar en Adolf.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Saturday, November 8, 2008

Blou Bulle - 70 Jaar van Glorie



Blou Bulle - 70 Jaar van GlorieBlou Bulle - 70 Jaar van Glorie
Skrywer: Wim van der Berg; Gerhard Burger
Formaat: Hardeband





Beskrywing:
Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier – trots oor die prestasies van die spelers van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle; en nederig, dat die drome en visie van dié wat hulle vir ’n onafhanklike unie beywer het suksesvol nagestreef is.

Blou Bulle: 70 Glorie Jare is nie bedoel om ’n naslaanwerk te wees nie. Dit is die storie van die totstandkoming van die unie en hoe dit oor die 70 jaar ontwikkel het. Die hoogtepunte – en ook laagtepunte – word in die boek gedokumenteer, insluitende die prestasies op die veld en in die raadsale van Suid-Afrika en inderdaad die wêreld; so ook die probleme tydens die oorgang na professionalisme.

Die rol van die skeidsregters, die ondersteuners, die skole en die klubs word gekombineer in hierdie verhaal van eenheid van wat eintlik ’n enkele groot familie is, omdat die unie so na aan sy ondersteuners staan. Dit is geen toeval dat die Blou Bulle die enigste Suid- Afrikaanse span is wat die Vodacom Super 14-reeks kon wen nie; of dat Noord-Transvaal en die Blou Bulle die Curriebeker 18 keer gewen het uit die 48 keer dat daar om die trofee gespeel is; en in 30 van die 48 eindstryde gespeel het waarvan 18 gewen is en 4 gelykop geëindig het.

Maar veel meer as dit is hierdie verhaal van Noord- Transvaal en die Blou Bulle ’n hulde aan diegene wie se harde werk en lojaliteit die unie deur die jare gedra het. Ryklik geillustreer met onlangse foto’s asook foto’s uit die argiewe en propvol statistieke om uit te ruil.

Hierdie boek is die ideale geskenk vir mans die Kersfees.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Wednesday, November 5, 2008

Die Kinders Eet Viennas



Die Kinders Eet Viennas Maar 'n Man Kan Nie Relax NieDie Kinders Eet Viennas Maar 'n Man Kan Nie Relax Nie
Author: Uys van der Hoven; Nico Nel
Format: Softcover



Description:
“Ek is Uys van der Hoven, ek het Nico Nel in 1976 onderstebo ontmoet …” So vertel Uys van der Hoven van sy en Nico Nel se ontmoeting.

Nico Nel het op die gewilde TV-program Maak ’n las naam gemaak as storieman van formaat.

In hierdie bundel sorg hy en sy medestorieverteller, Uys van der Hoven, vir stories wat jou met trane in jou oë en wange seer van die lag vir meer sal laat vra.

Die Bont Louws se tuisgemaakte driedemfiets kos hulle amper al hulle sproete.
Jakop Tieties word ná ’n drinkparty in die lykshuis wakker en neem dit vir ’n hospitaal aan.
En daar is die storie oor die skaap en die argitek met die ponytail …

Beleef ’n jagtog saam met diamantsmokkelaars op ’n hotel se werf, kom hardloop kaalvoet saam met die polisie aflos op Lüderitz se soutpan, ry saam met die Bont Louws ’n driedem in Namakwaland en vind meer uit oor die genadedood binne huweliksverband.

Stel vas wat gebeur met ’n argitek se ponytail by ’n skaapbraai, ontmoet die vark Samuel Swart en ontdek watter skokkende goed gesê word op die sterfbed in die aangesig van die dood.

Woon saam met ses mense ’n begrafnis in die Karoo by en leer hoe vang stadsjapies snoek. Hierdie stories en nog meer word meesterlik deur Nico Nel van Maak ’n Las-faam en Uys van der Hoven as vrugte van hulle fotostatiese breine aan die leser vertel. Hulle het mekaar in 1976 onderstebo ontmoet, toe beide in die regte studeer en daarna in die verkeerde gedwaal het.

Hierdie boek, wat geskik is vir die hele gesin, is gelukkig in Afrikaans en nie in Latyn Spes, soos aanvanklik beplan was nie.

Purchase this book:
Buy this book online in South-Africa



Tuesday, November 4, 2008

Op Die Agterpaaie deur Dana Snyman



Op Die Agterpaaie deur Dana Snyman Op Die Agterpaaie
Skrywer: Dana Snyman
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Dana Snyman, seker Suid-Afrika se gunstelingreisskrywer, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande wee waarop hy hom al begeef het.

Dana soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, jaag pylreguit deur Boesmanland, sit in Lutzville se kroeg, en ry selfs 'n Harley – op Colesberg.

Uiteindelik gaan hy huis toe, in sy Valiant, en herkou aan die lesse van die langpad. Heerlik vermaaklik, dog diep menslik.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com