Sunday, October 12, 2008

Omnibus 19 deur Ena Murray



Omnibus 19 deur Ena MurrayOmnibus 19
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Terug na Kolkbaai
- Anderkant die horison
- 'n Tyd om te ween is

Die Kolkbaai waarheen Hannelore terugkeer ne elf jaar in die stad, is nie meer die vissersgehuggie wat dit destyds was nie. Baie van haar ou kennisse is egter nog daar ... tot haar spyt. Want die een mens wat sy nie wil sien nie, is onder hulle: Oloff Bernardi, die man aan wie haar hart behoort het toe hulle albei nog in hul teerder jeug was. Terug na Kolkbaai is die verhaal van 'n jong vrou se soeke na haarself, na vrede en na geluk.

Anderkant die horison ... 'n ander land en 'n ander tyd. Dis die suide van Frankryk, en dis 1789: die jaar van die Franse Revolusie. Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, moet vir haar lewe vlug of die guillotine is haar voorland. Die enigste een wat haar kan help, is Philippe Fouche, haar staljonge.

Die meisie uit die adelstand moet nou die kneg se bevele trou gehoorsaam. Hulle vlug na die Kaap de Goede Hoop, waar Loanne steeds gepynig word deur die nabeeld van haar vader se brandende kasteel. Sy verdink vir Philippe terwyl hy weer glo dit was die werk van die graaf Louis de la Fay Duponte, Loanne se verloofde. Alles bly raaisels, tot drie skepe Tafelbaai op 'n dag binnevaar ...

'n Tyd om te ween is 'n diep roerende verhaal waarin mense mekaar leer om te gee en waarin hulle besef: die lewe verloop selde soos ’n mens dit beplan. Na Paul Henning se hartaanval moet Rietspruit 'n ander dokter kry. Maar Hybre, dokter Paul se dogter, vertrou nie die briljante dokter Ewald Waltmann nie. Wat kom soek so 'n suksesvolle geneesheer op so 'n klein plekkie?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika