Monday, November 24, 2008

Omnibus 20 deur Ena Murray



Omnibus 20 deur Ena MurrayOmnibus 20
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Die meisie van Klaradynstraat
- As die lied verstil
- Die pad terug huis toe

Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie. Selfs in die mees vooraanstaande huise is daar geheime onderstrominge en hartseer. Toe Owen Kemp by die spesialis hoor dat sy dogter se pynaanvalle deur ‘n diep ongelukkigheid veroorsaak word, is hy verbyster. Isobel het dan alles wat haar hart begeer en staan boonop op trou met die geniale dokter Markus Richter! Maar Elsa weet die diagnose is korrek, want sy ken Isobel se geheim, sy weet van Jakob Olwage. . .

As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal op dié dorpie ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ‘n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ‘n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge behoorlik los, want Chrissie van Dennedal word Christine van Johannesburg. Intuïsie vertel haar ouma dat daar wel ‘n dag sal aanbreek dat Chrissie sal wil terugvlug na die rustige vallei van Dennedal.

Die pad terug huis toe wentel om ‘n traumatiese tydperk in die lewe van Karina Oosthuizen, gesogte en pragtige topmodel. ‘n Grusame motorbotsing laat haar blind en verlam, en eensklaps weer totaal afhanklik van ‘n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy, wat daarna gesmag het om heel bo uit te kom, moet aanvaar dat sy net een heenkome het – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags is daar iemand wat haar en haar moeder ‘n toevlug bied in ‘n pragtige wit huis by die see – perfek ingerig vir ‘n persoon in ‘n rolstoel. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het en met wie sy nie wou assosieer nie?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Die Karoo kookboek deur Rose Willis



Die Karoo kookboek deur Rose WillisDie Karoo kookboek
Skrywer: Rose Willis
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Die Karoo kookboek is 'n ware refleksie van die kos van hierdie unieke area, propvol heerlike resepte wat van geslag tot geslag oorgedra is. Die pragtige kos fotografie word aangevul deur volkleur landskap foto's terwyl swart en wit foto's van historiese geboue en mense 'n nostalgiese gevoel ontketen.

Die 100+ resepte bestaan hoofsaaklik uit kos wat tradisioneel met die Karoo vereenselwig kan word, maar dit wys ook die moderne invloede wat bewys dat dit tog 'n dinamiese manier van kosmaak is. Die vars produkte van die area word benadruk en ’n kalender van gebeure word ook ingesluit.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Oulap se blou by Chris Barnard



Oulap se blou by Chris BarnardOulap se blou
Skrywer: Chris Barnard
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Daardie tyd was die enigste tyd wat die wereld 'n volmaakte plek was, se die verteller in een van verskeie stories oor seunskinders in 'n pastorale wereld van onskuld – en tog nooit sonder 'n sydelingse blik op die slang in die paradys nie: die foon lui in die gang, sy ma sê al hoe minder, die dood van 'n buurdogter wat sy eerste waardering vir vroulike skoonheid geinspireer het.

Min kan Chris Barnard sy fyn aangevoelde uitdrukking van liefde en verlange nadoen, met soveel ekonomie van segging en soveel helderheid van styl.

Die eenvoud van die stories verberg die diepte van hulle peiling van die menslike tweeling van glorie en onvolmaaktheid.

Altyd met 'n liefhebber se bewondering vir die teenoorgestelde geslag, druk baie van die stories hulle sin vir verlange uit in die vorm van mense op reis.

Maar dis ook van hierdie verhale wat vir die kostelikste humor in die bundel sorg. Oulap se blou is 'n title wat vier, betreur vertroos, en ons 'n bietjie beter laat verstaan wat dit beteken om 'n mens te wees.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



'n Beskermengel Vir Marlene deur Irma Joubert



'n Beskermengel Vir Marlene deur Irma Joubert 'n Beskermengel Vir Marlene
Skrywer: Irma Joubert
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Haar pa het haar geleer: pasop dat jy nie goedkoop is nie. Soos jou ma. Adolf leer haar vertrou, leer haar liefhe. Tot die verlede hulle inhaal. En Marlene weet - dis die einde van haar en Adolf.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Saturday, November 8, 2008

Blou Bulle - 70 Jaar van Glorie



Blou Bulle - 70 Jaar van GlorieBlou Bulle - 70 Jaar van Glorie
Skrywer: Wim van der Berg; Gerhard Burger
Formaat: Hardeband





Beskrywing:
Dit is met trots en nederigheid dat die Blou Bulle Rugby - Unie sy 70ste herdenking vier – trots oor die prestasies van die spelers van die voormalige Noord-Transvaal en die Blou Bulle; en nederig, dat die drome en visie van dié wat hulle vir ’n onafhanklike unie beywer het suksesvol nagestreef is.

Blou Bulle: 70 Glorie Jare is nie bedoel om ’n naslaanwerk te wees nie. Dit is die storie van die totstandkoming van die unie en hoe dit oor die 70 jaar ontwikkel het. Die hoogtepunte – en ook laagtepunte – word in die boek gedokumenteer, insluitende die prestasies op die veld en in die raadsale van Suid-Afrika en inderdaad die wêreld; so ook die probleme tydens die oorgang na professionalisme.

Die rol van die skeidsregters, die ondersteuners, die skole en die klubs word gekombineer in hierdie verhaal van eenheid van wat eintlik ’n enkele groot familie is, omdat die unie so na aan sy ondersteuners staan. Dit is geen toeval dat die Blou Bulle die enigste Suid- Afrikaanse span is wat die Vodacom Super 14-reeks kon wen nie; of dat Noord-Transvaal en die Blou Bulle die Curriebeker 18 keer gewen het uit die 48 keer dat daar om die trofee gespeel is; en in 30 van die 48 eindstryde gespeel het waarvan 18 gewen is en 4 gelykop geëindig het.

Maar veel meer as dit is hierdie verhaal van Noord- Transvaal en die Blou Bulle ’n hulde aan diegene wie se harde werk en lojaliteit die unie deur die jare gedra het. Ryklik geillustreer met onlangse foto’s asook foto’s uit die argiewe en propvol statistieke om uit te ruil.

Hierdie boek is die ideale geskenk vir mans die Kersfees.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Wednesday, November 5, 2008

Die Kinders Eet Viennas



Die Kinders Eet Viennas Maar 'n Man Kan Nie Relax NieDie Kinders Eet Viennas Maar 'n Man Kan Nie Relax Nie
Author: Uys van der Hoven; Nico Nel
Format: Softcover



Description:
“Ek is Uys van der Hoven, ek het Nico Nel in 1976 onderstebo ontmoet …” So vertel Uys van der Hoven van sy en Nico Nel se ontmoeting.

Nico Nel het op die gewilde TV-program Maak ’n las naam gemaak as storieman van formaat.

In hierdie bundel sorg hy en sy medestorieverteller, Uys van der Hoven, vir stories wat jou met trane in jou oë en wange seer van die lag vir meer sal laat vra.

Die Bont Louws se tuisgemaakte driedemfiets kos hulle amper al hulle sproete.
Jakop Tieties word ná ’n drinkparty in die lykshuis wakker en neem dit vir ’n hospitaal aan.
En daar is die storie oor die skaap en die argitek met die ponytail …

Beleef ’n jagtog saam met diamantsmokkelaars op ’n hotel se werf, kom hardloop kaalvoet saam met die polisie aflos op Lüderitz se soutpan, ry saam met die Bont Louws ’n driedem in Namakwaland en vind meer uit oor die genadedood binne huweliksverband.

Stel vas wat gebeur met ’n argitek se ponytail by ’n skaapbraai, ontmoet die vark Samuel Swart en ontdek watter skokkende goed gesê word op die sterfbed in die aangesig van die dood.

Woon saam met ses mense ’n begrafnis in die Karoo by en leer hoe vang stadsjapies snoek. Hierdie stories en nog meer word meesterlik deur Nico Nel van Maak ’n Las-faam en Uys van der Hoven as vrugte van hulle fotostatiese breine aan die leser vertel. Hulle het mekaar in 1976 onderstebo ontmoet, toe beide in die regte studeer en daarna in die verkeerde gedwaal het.

Hierdie boek, wat geskik is vir die hele gesin, is gelukkig in Afrikaans en nie in Latyn Spes, soos aanvanklik beplan was nie.

Purchase this book:
Buy this book online in South-Africa



Tuesday, November 4, 2008

Op Die Agterpaaie deur Dana Snyman



Op Die Agterpaaie deur Dana Snyman Op Die Agterpaaie
Skrywer: Dana Snyman
Formaat: Sagteband





Beskrywing:
Dana Snyman, seker Suid-Afrika se gunstelingreisskrywer, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande wee waarop hy hom al begeef het.

Dana soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, jaag pylreguit deur Boesmanland, sit in Lutzville se kroeg, en ry selfs 'n Harley – op Colesberg.

Uiteindelik gaan hy huis toe, in sy Valiant, en herkou aan die lesse van die langpad. Heerlik vermaaklik, dog diep menslik.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Saturday, November 1, 2008

Mense Van My Asem deur Steve Hofmeyr



Steve Hofmeyr se boekMense Van My Asem
Skrywer: Steve Hofmeyr
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Steve Hofmeyr se boek, Mense Van My Asem vertel Steve uiteindelik sy lewensverhaal,in kenmerkende trant: openhartig, humoristies en uitgesproke.

Hy begelei ons op ’n fassinerende reis deur sy kinderjare, sy tyd in die weermag en sy loopbaan daarna, en staan kort-kort stil by die gebeurtenisse en mense wat ’n groot impak op hom gehad het.

Alle aspekte van sy lewensgeskiedenis word blootgelê – sy onkonvensionele godsdienstige en politieke oortuigings,sy liefdesverhoudings en buite-egtelike kinders, ’n selfmoordpoging, sy huwelik en die ernstige operasies wat hy ondergaan het.

Steve se boek gee ’n boeiende – en soms skokkende –kykie in die lewe van dié omstrede kunstenaar en mens.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Sunday, October 12, 2008

Omnibus 19 deur Ena Murray



Omnibus 19 deur Ena MurrayOmnibus 19
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Terug na Kolkbaai
- Anderkant die horison
- 'n Tyd om te ween is

Die Kolkbaai waarheen Hannelore terugkeer ne elf jaar in die stad, is nie meer die vissersgehuggie wat dit destyds was nie. Baie van haar ou kennisse is egter nog daar ... tot haar spyt. Want die een mens wat sy nie wil sien nie, is onder hulle: Oloff Bernardi, die man aan wie haar hart behoort het toe hulle albei nog in hul teerder jeug was. Terug na Kolkbaai is die verhaal van 'n jong vrou se soeke na haarself, na vrede en na geluk.

Anderkant die horison ... 'n ander land en 'n ander tyd. Dis die suide van Frankryk, en dis 1789: die jaar van die Franse Revolusie. Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, moet vir haar lewe vlug of die guillotine is haar voorland. Die enigste een wat haar kan help, is Philippe Fouche, haar staljonge.

Die meisie uit die adelstand moet nou die kneg se bevele trou gehoorsaam. Hulle vlug na die Kaap de Goede Hoop, waar Loanne steeds gepynig word deur die nabeeld van haar vader se brandende kasteel. Sy verdink vir Philippe terwyl hy weer glo dit was die werk van die graaf Louis de la Fay Duponte, Loanne se verloofde. Alles bly raaisels, tot drie skepe Tafelbaai op 'n dag binnevaar ...

'n Tyd om te ween is 'n diep roerende verhaal waarin mense mekaar leer om te gee en waarin hulle besef: die lewe verloop selde soos ’n mens dit beplan. Na Paul Henning se hartaanval moet Rietspruit 'n ander dokter kry. Maar Hybre, dokter Paul se dogter, vertrou nie die briljante dokter Ewald Waltmann nie. Wat kom soek so 'n suksesvolle geneesheer op so 'n klein plekkie?

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Friday, October 10, 2008

Franse briewe deur Marita van der Vyver



Franse briewe deur Marita van der VyverFranse briewe
Skrywer: Marita van der Vyver
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Tuimel jou hart nog nadat Marita van der Vyver jou met haar boek "Die hart van ons huis" aan haar lewe in Provence bekend gestel het?

Hou dan asem op, want met Franse briewe nooi sy lesers nog 'n keer oor haar drumpel.

Wat het verander in die Provenkaalse kliphuis met sy persblou hortjies, pienk rose, laventel voor die kombuisvenster en die enorme ou plataanboom langs die hek? Wat het dieselfde gebly?

Ja, Marita, haar Franse man, Alain, en die vier kinders woon steeds in Kerkstraat – Rue de l'eglise – van 'n Middeleeuse dorpie. Dis ook somer in Provence – en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend.

Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het. Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het.

Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provenkaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar "interessante", aspekte van haar idilliese bestaan.

Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vliee in die salf soos skoolgaan in Frankryk.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Thursday, October 9, 2008

Dagbeplanner vir die vrou 2009 deur L. Platt



Dagbeplanner vir die vrou 2009 deur L. PlattDagbeplanner vir die vrou 2009
Skrywer: L. Platt
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
’n Splinternuwe uitgawe van die Dagbeplanner vir die vrou om jou beplanning ’n vreugde te maak. Die oordenkings aan die begin van elke maand sal jou help om te groei in verskeie areas van jou lewe, waaronder vriendskap, huwelik, keuses, verhoudings en finansies.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Tuesday, October 7, 2008

Die Verhaal Van 'n Vrou deur JM Gilfillan



Die Verhaal Van 'n Vrou, 'n Leeu, En 'n Hoenderhen deur JM GilfillanDie Verhaal Van 'n Vrou, 'n Leeu, En 'n Hoenderhen
Skrywer: J.M. Gilfillan
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Gilfillan herinner ons daaraan dat die vrou wat kreatief en sensueel lewe, wat vir haar bemindes stories vertel en so die wereld bewoonbaar maak, die skepper is van haar eie behaaglike lot.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Sunday, October 5, 2008

13 Uur deur Deon Meyer



13 Uur deur Deon Meyer13 Uur
Skrywer: Deon Meyer
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Om 05:43 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, 'n jong meisie se lyk lê langs St. Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat.

Dis net die begin van sy dag. Jou tipiese dertien uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



My Pyn My Glorie deur Hestrie Cloete-Els



My Pyn, My Glorie deur Hestrie Cloete-ElsMy Pyn, My Glorie
Skrywer: Hestrie Cloete-Els
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Autobiografie van Hestrie Cloete-Els
Sy was die lang-been nooi van die klein dorpie Coligny wat wêreld-rekords opgestel het as hoog-springer en wat Olimpiese Medaljes na Suid-Afrika gebring het.

Maar, met haar glorie, het Hestrie Cloete-Els ook die pyn ondervind wat die lewe meebring: 'n ongelukigge kinderlewe gevul met argumente; op 'n te jong ouderdom getrou; die afsterwe van Geliefdes - soms reg voor van haar grootste kompetisies...

Sy skryf oor dit alles - die pyn en die glorie - in haar Autobiografie.

Vir die eerste keer, vertel sy van haar miskraam terwyl sy nog getroud was met Andries Cloete in 2004.

Sy skep ook 'n intieme prentjie van haar lewe met die sanger, Jurie Els en hul twee kinders in Nieu Zeeland en vertel hoe sy voel oor die aanklagte van molestasie wat teen Jurie Els gemaak is deur die jong sanger, Robbie Klay.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Monday, September 8, 2008

Die Uitgespoeldes deur Dalene Matthee



Die Uitgespoeldes deur Dalene MattheeDie Uitgespoeldes
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Dalene Matthee se heel laaste roman is posthuum uitgegee.

Moses Swart, skaapwagter van die Bredasdorpse strandveld, voel sy hele lewe lank nog dat hy nie hoort in hierdie land van see- en veldmense nie. Hy is 'n uitgespoelde, maar waar kom die knaende gevoel van 'n ander identiteit vandaan? Totdat hy Lord en Lady van Springfield ontmoet en dadelik besef: hulle is ook uitgespoeldes, soos hy.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Monday, September 1, 2008

Ontembare Bruid deur Dina Botha



Ontembare Bruid deur Dina BothaOntembare Bruid
Skrywer: Dina Botha
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Vurige Jacqueline de Péronne se drome glip deur haar vingers. Sy voel soos ’n pion. Asof haar huwelik met afstootlike Miguel Cortés nie genoeg is nie, leer Christoban Hernándes haar van passie en begeerte. En sy is getroud.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Friday, August 29, 2008

Huisgenoot Top 500 Wenresepte



Huisgenoot Top 500 Wenresepte deur Carmen NiehausHuisgenoot Top 500 Wenresepte
Skrywer: Carmen Niehaus
Formaat: Hardeband



Beskrywing:
Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur – kookboeke wat hulle plek volstaan reg langs Kook en Geniet.
Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met 'n versameling van die Top 500 Wenresepte.

Die boek is spesiaal saamgestel sodat Huisgenoot-lesers die gewilde tydskrif se 90ste verjaardag in styl te vier. Hierdie lywige samestelling bestaan uit 17 liplek-lekker hoofstukke, insluitend Soutterte, Soet terte, Gebakte poedings, Vis en Seekos en Maalvleis en Pastei.

Trefferresepte soos Ouma se Karoolamspastei (Wenresepte 7), Pampoenkoekies in stroop (Wenresepte 1), Biltongsop (Wenresepte 7) en Varkboud met lemoensous (Wenresepte 4) is ingesluit.

Natuurlik het Suid-Afrikaners se soet tand nie vergete gebly nie met staatmakers soos Melktertkaaskoek (Wenresepte 3), Gemmerpoeding (Wenresepte 2000), Maaskaaskoek (Wenresepte 3) en Allerlekkerste sjokoladekoek (Wenresepte 2).

Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar 'n versameling pragfoto’s wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte 'n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Triomf deur Marlene Van Niekerk



Triomf deur Marlene Van NiekerkTriomf
Skrywer: Marlene Van Niekerk
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Marlene van Niekerk se bekroonde roman Triomf is 'n boek wat heerlik lees en dan jare by jou sal spook.

Die wit, werkersklas gemeenskap van Triomf, 'n voorstad in die weste van Johannesburg wat opgerig is oor die puin van Sophiatown, vanwaar honderde nie-blanke families uitgeforseer is in die 1950's, is die stel waar Marlene van Niekerk se internasionaal bekroonde, multi-dimensionele novelle van die modere Suid-Afrika afspeel.

Die boek, Triomf, skyn 'n ontstellende dog kleurvolle, soms lagwekkende, lig op die lewens en daaglikse roetine van 'n disfunksionele familie en openbaar, deur pittigheid en 'n skerp oog, 'n kristal helder visie van die valsheid en hopeloosheid van die samelewing onder die las van Apartheid.

Mol Benade, haar broers Treppie en Pop, en haar seun Lambert leef in 'n verottende munsipale huis, wat al ding is wat hul het, behalwe vir die uitgeleefde huishoudelike toestelle wat breek pas nadat dit herstel is, die herinneringe van 'n gelukkige verlede wat nooit bestaan het nie, en natuurlik mekaar - 'n Faulkneriese band van familie intimiteit wat strek van simpatie tot wreedaardig, gevoelvol tot geweldadige seksuele molestering.

In die maande voor Suid-Afrika se eerste vry verkiesing in 1994, word 'n geheim openbaar gemaak wat die band tussen hierdie irrasionele kwartet laat disintegreer en hul lewens verewig verander.

Triomf se mikro-kosmiese kykie na Suid-Afrika op die rand van ineenstorting is vereer as een van die beste novelles ooit geskryf in Afrikaans. Dit kondig die aankoms aan van 'n Skrywer van Internasionale Standaard.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



18-44 Trilogie deur Etienne Leroux



18-44 Trilogie deur Etienne Leroux18-44 Trilogie
Skrywer: Etienne Leroux
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
18-44 handel oor die korrespondensie tussen Mnr Y, die 44-jarige knolskrywer, en die 18-jarige, onbekende Mej X, 'n kunsstudent.

Onderliggend in Isis Isis Isis is die Egiptiese Isis se soektog na die lyk van Osiris. Die roman gaan oor die knolskrywer se Europese besoek, sy ontmoeting met 'n hele aantal vroue, en sy poging om die stukke van die verminkte Osiris weer bymekaar te bring (lg die knolskrywer se poging tot heling).

Die verhaal van Na'va gaan oor Georgie, die knolskrywer se nefie wat selfmoord gepleeg het. Die lang begrafnisfees raak 'n besinning oor die lewe en die dood.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Die dag toe ek my hare losgemaak het deur Willemien Brummer



Die dag toe ek my hare losgemaak het deur Willemien BrummerDie dag toe ek my hare losgemaak het
Skrywer: Willemien Brummer
Formaat: Softcover



Beskrywing:
Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot 'n jong moeder.

Dit beeld ook op fyn en sensitiewe wyse uit hoe Mia worstel met ’n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans.

Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om 'n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te he.

Dis aparte verhale, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit byna iets soos 'n Bildungsroman.

Onderliggend in die verhale is die helende krag wat "storie" en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika