Tuesday, February 5, 2008

Gunstelinge deur Ena Murray


Gunstelinge deur Ena MurrayGunstelinge
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Verwonde Jare
- Sê Groete Vir Pappa
- Op Pad Na Kanaän
- Die Wit Koningin

Ena verduidelik haar keuse as volg: "Die vier verhale in hierdie bundel het een ding gemeen: Dit gaan om die werklike lewe; van die karakters is of was werklike mense wat hulle in werklike situasies bevind het - dié soort verhaal wat my naaste aan die hart lê. Ook is persoonlike ervaring tussendeur ingevleg.

Hoewel gedeeltes noodwendig uit my verbeelding geskep of aangevul moes word, kom die ou segswyse wat sê die waarheid is soms ongeloofbaarder as fiksie, hier tot sy volle reg.
Daarom is dit vir my as skrywer so 'n voorreg om op my sewentigste verjaardag en in die sewe en veertigste jaar in die skrywerswêreld hierdie bundel die lig te laat sien.

My opregte dank aan die uitgewer en al my duisende lojale lesers deur die jare."

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Monday, February 4, 2008

'n Huis vir Nadia deur Dalene Matthee



'n Huis vir Nadia deur Dalene Matthee 'n Huis vir Nadia
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Toe sy in standerd vier was en Kella in standerd drie, is hulle vir die eerste keer op verskillende treine gesit - sy na die kinderhuis in die Vrystaat en Kella na 'n plek vir seuns in die Oos-Kaap.

Daardie dag het sy gesweer - sy sal gou grootword sodat sy vir hulle 'n huis kan koop en hulle nooit weer met die trein hoef weggestuur te word nie. Maar dit het Kella nie getroos nie. Hulle moes hom later in die trein tel en sy hande van die reling losmaak. Sy geskree en geskop het mense laat stilstaan om te kyk.

"Shame," het 'n vrou gese. "Sy naam is nie Shame nie, sy naam is Kella," het sy gesnip en bygevoeg: "Ek weet, want hy's my boetie.

" Nadia Hamman, weggooikind wat deur die Welsynsmense grootgemaak moes word, het daardie dag 'n besluit geneem waarby sy deur al die jare daarna sou bly - om vir haar en haar broer 'n plekkie in die lewe te vind,'n veilige hawe.

Maar wat maak 'n mens as die persoon rondom wie jy jou lewe opgebou het, die dag te veel van jou vra - soveel dat jy begin twyfel of jy enigiets vir hom beteken? In haar wanhoop kan Nadia haar nie eens tot Rex de Waal wend nie, al se Rex ook dat hy vir haar omgee. Want ryk Rex de Waal, die hubaarste vrygesel in die distrik, kom uit 'n vooraanstaande familie. En die lewe het Nadia al geleer dat mense se houding teenoor haar soos handomkeer verander sodra hulle die ware feite van haar lewe hoor.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Saturday, February 2, 2008

Omnibus 12 deur Ena Murray


Omnibus 12 deur Ena MurrayOmnibus 12
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Lied van die Campino's
- Altaarvure op Kandavu
- Koninkryk van Ricardo

Drie liefdesverhale met die bekoring van "lank, lank gelede". In lied van die Campino's daag Petro Malan in Portugal by haar oorlede moeder se adellike familie op, maar sy word geensins verwelkom nie. Benewens aanslae op haar lewe en die fnuiking van haar ontluikende liefde, is daar ook nog die tergende geheim van die vasgebinde en verminkte vrou bo in die Middeleeuse toring.

Met Altaarvure op Kandavu verskuif die toneel na die Fidji-eilande, waarheen Marika Lubbe die ongenaakbare dr. De Wet Zandberg moet vergesel om sy dogtertjie Marietjie, 'n poliolyer, te versorg. En dan word Marietjie ontvoer.

In Koninkryk van Ricardo daag jong onderwyseres Antoinette Duvenhage op die afgelee eiland St. Ronaldo op vir die vakansie van 'n leeftyd. Kort voor lank beleef sy die een intrige op die ander, en maak sy kennis met sowel liefde as haat.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Omnibus 11 deur Ena Murray


Omnibus 11 deur Ena MurrayOmnibus 11
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Die spookvrou van Santa Catalina
- Roep van die Naguil
- 'n Bruid vir graaf Debussy

Drie romans met die bekoring van "lank, lank gelede". In Die spookvrou van Santa Catalina knoop die avontuurlustige Juanita de Ramiro, kasteeldogter van Cadiz, die stryd aan teen boekanier en seerower. As seekaptein sal sy self sorg dat haar vader se vragskepe veiligheid bereik. En spoedig word sy 'n legende, die "spookvrou", gevrees deur elke seeman. Maar die dag toe sy De Gramont voor sy bemanning verneder, begin sy beheer verloor oor haar hart en oor haar lewe.

Met Roep van die Naguil verskuif die toneel na die Kaap de Goede Hoop, na die grasieuse lewenstyl in die Kasteel. Op die hoogtepunt van 'n swierige bal staan hy skielik daar - die gemaskerde dief, die Naguil. Dit is die eerste maal dat Marlaine en die Naguil se paaie kruis. Maar helaas nie die laaste keer nie.

In 'n Bruid vir graaf Debussy is Jean-Paul Debussy al dertig, die ouderdom waarop 'n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne 'n maand 'n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op 'n stormnag in 'n herberg tee. 'n Misverstand dryf hulle egter uiteen, maar Simone besluit om haar man terug te wen.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Friday, January 18, 2008

Omnibus 10 deur Ena Murray


Omnibus 10 deur Ena MurrayOmnibus 10
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
3 Lekker-lees Liefdesverhale
Bevat die Boeke:
- Die reëngod Tlaloc
- Vlug van die albatros
- Koning van die Kanaku

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Thursday, January 17, 2008

Omnibus 9 deur Ena Murray


Omnibus 9 deur Ena MurrayOmnibus 9
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband




Beskrywing:
Bevat die Boeke:
-Luidende simbale
-Dieplood
-Groter liefde as dit

Die drie boeke in hierdie omnibus vorm saam die Hammanshof-sage. Dit skerp die wete in dat die mens nie net vir homself kan lewe nie; dat hy sonder liefde erbarmlik arm is, al besit hy die wêreld.

Op Hammanshof word die skinderstories met smaak oorvertel. San Wolfaard en tant Stienie wedywer om die sappige brokkies eerste die strate in te stuur.

Veral Wouter Woudberg loop deur. Stel jou voor: ‘n man met sewe plase wat skoene vir R80 op die dorp koop en dit dan vir R120 aan sy plaaswerkers verkwansel! Hoe hy aan sy aardse besitting gekom het, is ‘n ander storie. Prokureur Dirk Opperman weet mos net hoe om ‘n transaksie vir sy beste vriend te beklink…Maar boontjie kry sy loontjie. Wouter het verniet derduisende rande aan die huis op Nooitgedacht vir sy bruid bestee: die mooie Stella verkies ‘n brandarm man bo die Woudberg-skatte. So bespiegel en praat die Hammanshoffers.

En San Wolfaard glo dat niks haar oë en ore ontglip nie. As sy maar kon weet van die donker geheime, die sielestryd van die mense oor wie sy so maklik oordeel..Van Stella se liefdelose lewe en dokter Vermaak se onetiese optrede; van die hartseer wat Melanie Woudberg in haar herehuis verteer; van Wouter se belofte om wraak te neem – al is dit oor twintig jaar. Almal leef in stryd met hul gewetes.

Luidende simbale…mense wat die liefde nie ken nie. Maar soos die jare verbygaan, bly die oordeel nie uit nie, maal die meule stadig maar seker.. Ja, uiteindelik haal die lewe almal in.

Sluit ook 'n Nawoord van die Skrywer in!

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Wednesday, January 16, 2008

Spreekkamerstories deur Fana Malherbe


SpreekkamerstoriesSpreekkamerstories
Skrywer: Fana Malherbe
Formaat: Sagteband




Beskrywing:
Erns en skerts, vreugde en smart - die lag met 'n traan - vorm in humor soos ons dit vandag verstaan 'n wonderlike harmonie.

Ons praat van die operasiekamer as die teater - 'n teater waar chirurg en verpleegster die hoofrolle vertolk en waar inderdaad soms groot dramas afspeel, selfs tragedies, maar waar die gang van sake gewoonlik rustig en doelgerig is, en ook humor sy plek het.

Die meeste van die stories - deur die skrywer versamel oor 'n periode van meer as veertig jaar - het werklik met dokters en hulle pasiënte gebeur en is voorbeelde van humor, van die siening van pasiënt en dokter.


Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika