Saturday, May 24, 2008

Moerbeibos deur Dalene Matthee



Moerbeibos deur Dalene MattheeMoerbeibos
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Italiaanse sywurmboere word ingevoer om 'n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswereld, maar moerbeibome verseg om in die potklei te groei.

In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante geteister deur reen, koorssiekte en onbegrip, en raak hulle al meer verbitter teen die goewerment wat hulle onder valse voorwendsels in die wildernis afgelaai het.

Die man wat hulle tot hulp kom, is 'n bosmens met 'n onregeerbare dogter en 'n kop vol planne - die eiesinnige Silas Miggel. Hy wil hulle op 'n skip kry, terug Italie toe.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika
Koop die boek by Amazon.com



Thursday, May 22, 2008

Meisie Van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja Herholdt


Meisie Van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja HerholdtMeisie Van Nigel: Die Lewensverhaal van Sonja Herholdt
Skrywer: Carel F. Cronje
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Sonja: Meisie van Nigel is die verhaal van 'n vrou - die meisie wat op Marievale myn grootgeword het, by die Goudstadse onderwyskollege in Johannesburg gaan studeer het en in 1975 die Afrikaanse musiektoneel stormgeloop en met haar vrolike, ongekunstelde sangstyl onherroeplik verander het. Die pers het haar as 'n 'blonde orkaan' bestempel en daarna het 'die grootste sukses van alle tye' aan haar behoort.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Sunday, May 4, 2008

Brug van die esels deur Dalene Matthee



Brug van die esels deur Dalene MattheeBrug van die esels
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Diamante is klein klippies, heilig, waarin oerlig gebere is.

Araminta Rossouw het op universiteit in die geskiedenis van die Afrikanervolk gaan delf om haarself te probeer vind, en so afgekom op 'n barsie wat deur alles loop en waarvan niemand haar ooit gese het nie. 'n Bars wat al groter word, en wat alles en almal aantas.

Nou sien sy geen keuse nie - sy moet self op die bars langs loop, want as eiendomsagent sal sy nog baie kommissie moet verdien om vlerke te kan he vir wegvlieg.

Maar diamante bied 'n vinnige ontsnaproete. Gevaarlik maar onweerstaanbaar.

So begin 'n spel met die fassinerende blink klippies wat haar in 'n krisis laat beland wat sy met haar noukeurige berekenings nie kon voorsien nie. En wanneer alles verlore lyk, kom Koos Malherbe as prokureur in haar lewe. Hy wat genoeg gesien het om te weet dat dit 'n mens nie baat om 'n brug bo-oor die waarheid te probeer bou nie.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Monday, April 21, 2008

Omnibus 17 deur Ena Murray


Omnibus 17 deur Ena MurrayOmnibus 17
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Rabbedoe van Rietkuil
- Waar die nagtegaal sing
- My afgemete deel

In die nawoord vertel die skrywer waarom haar held en heldin in haar boeke altyd so erg baklei, dikwels tot op die laaste bladsy. Nicolette Bezuidenhout is die rabbedoe in Rabbedoe van Rietkuil wat vir Wynand Hechter, die eienaar van die plaas waar sy as “voorman” kom werk, moet oortuig dat sy haar man kan staan.

Waar die nagtegaal sing speel af in ‘n Middeleeuse kasteel naby die romantiese Toledo.

Ena Murray vertel self soos volg oor die laaste verhaal, My afgemete deel: “Die jong, goedgelowige meisie wat so maklik deur die gladde tong van die sjarmante en ervare meneer verlei word. Ek hoef natuurlik nie ver te gaan soek het vir hierdie tema nie.”

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Tuesday, April 8, 2008

Die Judasbok deur Dalene Matthee


Die Judasbok deur Dalene MattheeDie Judasbok
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Hardeband



Beskrywing:
Die Judasbok is Dalene Matthee se eerste boek. Hiermee het sy in 1982 haar talent triomfantlik aangekondig; en dié bundel verhale het haar ná aan haar hart gelê, want vyf-en-twintig jaar se gevoelens en ervarings, bepeinsing en besinning lê hierin opgesluit.

"As ek uit die skool is, gaan ek ... boeke skryf," sê een van haar karakters in Die Judasbok. "En ek sal bekend word."

Met hierdie bundel verhale en haar romans Kringe in 'n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos het Dalene Matthee in 'n ommesientjie méér as bekend geword - sy was een van die gewildste skrywers in Afrikaans.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika




Friday, April 4, 2008

Fiela Se Kind deur Dalene Matthee



Fiela Se Kind deur Dalene MattheeFiela Se Kind
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind – deur die Here aan haar “toebetrou” een nag toe sy hom as driejarige gekry het waar hy voor haar deur staan en huil, ‘n weggooilam.

Aan die ander kant van die berg, in die Bos, woon die houkapper Elias van Rooyen en sy vrou Barta, wie se driejarige kind weggeraak het. Die een kind is Benjamin Komoetie, die ander Lukas van Rooyen. Is dit dieselfde mens?

Kon ‘n klein kind so ver geloop het, uit die Bos tot in die Lange Kloof? Die vraag word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat deur die Lange Kloof reis en die wit kind met die blou oë tussen die bruinmense kry.

En jare later is dit die vraag wat Benjamin/Lukas self vra: Wie is ek? Hy moet weet, anders kan die vrou wat hy liefgekry het, nooit syne wees nie. Die antwoord is daar, weet hy: iewers in homself, diep verskuil in die verlede, bly dit hom ontwyk.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika



Wednesday, March 19, 2008

Omnibus 16 deur Ena Murray


Ena Murray Omnibus 16 deur  Ena Murray Ena Murray Omnibus 16
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Bevat die Boeke:
- Onrus op Oshakati
- Regters oor gister
- Weerklank van die liefde

Drie liefdesverhale wat oorloop met intrige, suspensie en romanse waarin die verlede kom spook en die toekoms beinvloed.

In Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang. Maar onbewustelik ry sy 'n intrige binne wat lewensgevaar inhou. Want by die Ovambo-sendinghospitaal spat die vonke van die staanspoor tussen haar en die verbitterde dr. Louw Hoffman. Die vraag is: kan sy op Louw Hoffman vertrou?

In Regters oor gister haal die verlede vir Mignon Preller ook in – 'n verlede waaraan sy heeltemal onskuldig is. Twintig jaar gelede is daar 'n verkeerde besluit omtrent haar geneem, 'n fout wat nou duisend maal vergroot terugkom en twee jong mense in die ban van 'n verbode liefde hou.

In Weerklank van die liefde wanneer 'n wildvreemde meisie per ongeluk in dr. Rudolf van der Merwe se lewe – en sy woonstel, sy bed en sy slaapklere – beland, raak hy onherroeplik betrek by 'n tergende raaisel. Want die naamlose meisie ly aan geheueverlies, en al leidraad is 'n koerantberig oor 'n onopgeloste moord waarvan die sleutelverdagte spoorloos verdwyn het.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika