Tuesday, March 4, 2008

Petronella van Aarde deur Dalene Matthee



Petronella van Aarde deur Dalene MattheePetronella van Aarde
Skrywer: Dalene Matthee
Formaat: Sagteband



Beskrywing:
Op Kasselspoort weet almal al jare lank dat Zerk Raubenheimer burgemeester gaan word wanneer oom Neels Meyer die dag die stoel ontruim.

Maar dan kap oom Neels om juis terwyl Zerk en sy vrou Freda op 'n lang reis in die buiteland is, en in die daaropvolgende verwarring word die weduwee Petronella van Aarde tot burgemeester verkies.

En dan begin die poppe te dans! Want Petronella het geen benul van die proseduurlikheid nie en sy gee ook nie om wie sy in die werk steek om wat te doen nie. Al wat sy wil he, is dat dinge 'n slag reggevat moet word, dat daar 'n end moet kom aan die jarelange verwaarlosing van die dorp.

Nie lank nie of Kasselspoort begin 'n ander aanskyn aanneem. Selfs diegene wat aanvanklik teen Petronella gekant was, begin insien dat sy haar uitstekend van haar taak kwyt.

Die een persoon wat halsstarrig weier om dit toe te gee, is Freda Raubenheimer. Want tussen die Raubenheimers en Petronella was dinge nog nooit weer heeltemal lekker nie nadat die jong Dennis Raubenheimer vir Petronella se dogter Talia voor die kansel gelos het vir 'n ander vrou.

Nou het Talia teruggekom om op Kasselspoort te kom skoolhou, en Dennis het ook teruggekeer om sy pa in sy prokureurspraktyk te kom bystaan. Sal dinge die keer anders uitwerk? Of sal die breuk nooit weer geheel kan word nie?

En tussen al hierdie dinge deur, net om sake nog verder te kompliseer, is daar ou oom Joos Jakobs se wanhopige stryd om te keer dat sy dogter, die ambisieuse Freda, hom uitboender uit die huis waar hy nou al sy hele lewe woon, om van die plek Kasselspoort se eerste museum te maak.

Die verhaal van Kasselspoort en sy mense is 'n lekkerleesverhaal met iets vir elkeen - 'n bietjie liefde, heelwat humor en sommer baie stof tot nadenke.

Koop die boek:
Koop die boek aanlyn in Suid-Afrika